Gemeenskapsnuus

NWU Besigheidskool-dinkskrum – NSFAS en die gevolge van staatsbesnoeiing

Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope week ʼn dinkskrum gehou met die fokus op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), en spesifiek wat betref die gevolge van staatsbesnoeiing in die 2021-begroting ten opsigte van tersiêre onderwys.

Daar was konsensus dat die gevolge van ʼn kapitaaltekort…

NWU in die top-4,7% van wêrelduniversiteite

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy uitstekende prestasie op wêreldwye ranglyste voort. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2021/2022-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,7% van universiteite geplaas.

Hierdie…

HPI ʼn NWU-juweel

Jean Verster se entoesiasme is aansteeklik. Wêreldkampioene kan daarvan getuig – vra maar vir Caster Semenya en vele ander.

Dié voormalige en uitsonderlike middelafstandatleet was in die vroeë tagtigs een van SA-atletiek se groot troefkaarte. In daardie selfde tyd het hy sy bene in…

Kaptein Chederick wil weer sy ou vorm terugkry

Chederick van Wyk is in die jaar van kampioene gebore, en dit is wat hy geword het. Die wêreld het vir die eerste keer op 8 Februarie 1995 met hierdie toekomstige naelloper kennis gemaak, ’n paar maande voor die Springbokke die Web Ellis-trofee op ’n geskiedkundige middag op Ellispark omhoog gehou het. Die…

NWU-atlete skitter by SA’s

Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) het oudergewoonte hulle stemme tydens die onlange Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskap dik gemaak en die NWU se trofeëkas bars weer uit sy nate.

Dié kompetisie is van 15 tot 17 April in Pretoria gehou.

NWU-navorser nou lid van Afrika-akademie vir wetenskap

’n Senior lektor in die navorsingsfokusarea Menslike Metabolomika aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is vir die volgende vyf jaar as ’n geaffilieerde lid van die Afrika-akademie vir wetenskap (AAW) gekies.

Dr Rencia van der Sluis is gekies…

NWU begin Varsitybeker met ’n oorwinning

Die Arende is op hulle pos! Die NWU se Varsitybeker-veldtog het op ’n hoë noot begin toe hulle die Madibaz van NMMU op Maandag 5 April in Pretoria met 47–28 geklop het.

Soos die telling aandui, was dit ’n harde wedstryd, met talle drieë wat deur albei spanne gedruk is. Afrigter…

Planne vir die NWU Mediese Skool op koers

Die impak van die Covid-19-pandemie en die geweldige spanning en las wat dit op Suid-Afrika se mediese kundiges geplaas het, het die Noordwes-Universiteit (NWU) se saak vir ’n mediese skool in Noordwes dramaties versterk.

Amptelike NWU-dokumente beweer dat, ten spyte daarvan dat daar mededingende belange en finansiële druk as gevolg van…

NWU pak stryd teen GBV aan

Tydens die eerste drie weke van die staat van inperking verlede jaar, was die slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (GBV) saam met hulle molesteerders ingeperk, met geen plek om weg te kruip nie.  Gedurende daardie tydperk het die regering se bevelsentrum teen GBV en moord op vroue het alleen meer as 120 000 slagoffers aangeteken. Die…

NWU vereer uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling

Dertien akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) het erkenning vir hulle uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling ontvang.

Hulle is op 31 Maart tydens die NWU se toekenningseremonie vir uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling (GO) vereer.

Die…