Gemeenskapsnuus
Minister lewer ’n realistiese en geloofwaardige fiskale boodskap in begrotingstoespraak
“Teen die agtergrond van moeilike wêreld- en plaaslike ekonomiese omstandighede, het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, vandag ’n realistiese en geloofwaardige fiskale boodskap in die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring (MTBBV) gelewer.”
In sy kommentaar op die MTBBV het prof Raymond Parsons, ekonoom van die…
Verhoogde brandstofpryse is nie bloot net verhoogde brandstofpryse nie
Net soos beurtkrag, kom die styging in brandstofpryse in Suid-Afrika so gereeld voor dat ons al ongevoelig is daarvoor. Wanneer ’n prysstyging aangekondig word, hoor ons dit en gaan met ons daaglikse lewens aan. Stygings in brandstofpryse het egter ’n impak op meer as net die uiteindelike leweringskoste van produkte. Vervoer speel ’n vername…
NWU die heel bestes by internasionale parasitologiekongres
Parasiete word dalk deur baie mense as verpestelike organismes beskou, maar om hulle en hulle impak op ekologiese stelsels te verstaan, is noodsaaklik in natuurstudie. Die navorsers en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) blink as kundiges op hierdie gebied uit.
Die NWU het tydens die onlangse Internasionale Kongres vir…
Gandhi, Fleischack en hulle verbintenis met die Noordwes-Universiteit
Hy word as een van die grootste menseregtestryders en spirituele leiers van alle tyd vereer. Mahatma Gandhi, wat vreedsame weerstand bepleit het en burgerlike-ongehoorsaamheidsbetogings vir geslagte ná hom beïnvloed het, is ’n internasionale ikoon met ’n spesiale band met Potchefstroom, en indirek met die Noordwes-Universiteit (NWU).
…
NWU-kundiges deel hulle reis met borskanker
Dit is die diagnose wat die meeste mense vrees: kanker. Twee professore van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat albei op verskillende maniere deur hierdie lewensbedreigende siekte geraak is, sê die emosionele tol wat dit eis, kan net so rampspoedig wees as die fisieke skade wat dit aanrig. Hulle gee kundige raad oor hoe om dit te hanteer…
Shaun Bownes trap nou NWU-spore
Hy is ’n legende wat die rekordboeke herskryf het. ʼn Kanniedood-spoedvraat wat tot in sy laat 30’s sy talent op die wêreldverhoog uitgestal het. Shaun Bownes, die Afrika-kontinent se voormalige hekkieskampioen, is uit graniet gekerf.
Hy kon miskien nie vir die beseringspook of vir vader tyd weghardloop nie, maar die vet weet, hy het…
Sonkragopleiding ʼn prioriteit by die NWU
Hernubare energie vorm ʼn toenemend belangriker deel van ons land se energiepakket terwyl daar van fossielbrandstowwe wegbeweeg word. Dit, tesame met ʼn ingesteldheid om meer omgewingsvriendelik te word, beteken dat hernubare energie, soos son- en windkrag, gewis gaan aanhou om ʼn groter rol in kragopwekking te speel.
Daarom het die…
NWU onder die top- plaaslike universiteite in Suid-Afrika op ranglys geplaas
Die Noordwes-Universiteit (NWU) bly onder die top- plaaslike universiteite soos dit duidelik uit die jongste World University Rankings van Times Higher Education (THE) blyk.
Volgens die THE, is die NWU onder die topses universiteite in Suid-Afrika. Die graderingsagentskap het op 12 Oktober die ranglys vir hulle 2023-siklus vrygestel.…
Eagles deur na Varsity Netbal-finaal
Hulle was slaggereed! Hulle het ons egter ook laat naels kou. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op Maandag 10 Oktober die verdedigende kampioene, Kovsies, ore aangesit om na die 2022 Varsity Netbal-finaal deur te dring.
Die Eagles moes egter in Bloemfontein uithaal en wys om ’n 64–61-wentelling aan te teken teen dieselfde…
Speltoetser om gratis afgelaai te word nou vir SA-tale beskikbaar
Die Speltoetsers vir Suid-Afrikaanse Tale (Spelling Checkers for South African Languages), ’n spel- en woordafbrekingtoetser-instrument vir tien van Suid-Afrika se amptelike tale, Engels uitgesluit, is nou beskikbaar om gratis van die webwerf van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) afgelaai te word.…