Gemeenskapsnuus

Samewerking met Zimbabwe kan formele vaardighede vir vroeë kinderopvoeding aan oumas en moeders bring

Om kinders tot op sewe jaar oud te help om hulle volle potensiaal te verwesenlik, is vroeë kinderopvoeding noodsaaklik. Talle versorgers regoor Afrika is oumas en moeders sonder formele kwalifikasies. Die vul van hierdie gaping is een van verskeie gebiede waarop daar goeie samewerking tussen navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) en…

Regulering en outomatisering kan bedryfsrisiko’s vir banke laat styg

Bedryfsrisiko’s is as die primêre bron van reputasierisiko vir Suid-Afrikaanse banke geïdentifiseer. So sê prof Suné Ferreira-Schenk, ’n professor in finansies en beleggings by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Hoewel banke reeds dekades lank aan bedryfsrisiko’s onderhewig is, is daar…

Die verbetering van dienslewering in die openbare sektor is hierdie navorser se doelwit

Swak dienslewering is ’n probleem in Suid-Afrika, maar een akademikus by die Noordwes-Universiteit (NWU), prof Costa Hofisi, doen iets daaromtrent. Met behulp van sy navorsingkundigheid gaan hy poog om ’n bydrae tot die verbetering van dienslewering in die openbare sektor te lewer. 

Sy navorsing fokus op die mate waartoe die openbare…

Bou ’n gesonde ingesteldheid teenoor STEM-onderwys

Studente se swak prestasie en belangstelling in die gebiede van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) – veral onder vroue wat onderverteenwoordig is in die wetenskaplike gemeenskap – is in talle lande ’n groot bekommernis. Dit is selfs erger wanneer ’n mens kyk na die 2020 UNESCO-verslag, wat toon dat vroue slegs 28% van die…

Paneellede dink na oor resessierisiko’s in Suid-Afrika ná die Begroting

Indien die verhoogde fiskale risiko’s sou materialiseer wat in die Begrotingstoespraak op 22 Februarie 2023 uiteengesit is, kan die Suid-Afrikaanse ekonomie later hierdie jaar goedskiks in ’n resessie verval, sê ’n paneel kundiges wat vandag tydens ’n Pitso van die NWU Besigheidskool die Begroting bespreek het. Vrae wat aan die paneel gevra is…

Plasing op die gryslys skaad Suid-Afrika se beleggingsprofiel

Suid-Afrika se verhoogde internasionale risikostatus as gevolg van plasing op die gryslys skaad ’n beleggingsprofiel wat reeds met faktore soos die negatiewe impak van aggressiewe beurtkrag, gebrek aan energiesekerheid, voortgaande rommelstatus en ander onsekerhede moet worstel.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-…

Riaan Genis: Dit is sy tyd

Dit was so onverwags soos ’n bliksemstraal op ’n sonnige dag. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het ’n paar maande gelede in ’n opwarmingswedstryd teen Wits gespeel.

Die gelukbringerkaptein Ruan "Sampie" Swiegers het die span op die veld gelei. Nadat hy die Eagles se kaptein tydens die 2022 Varsitybeker was, het hierdie vasskopstut…

James Small se groot impak

Hy het sy hart op sy mou gedra. Vreesloos. ’n Kort humeur. Emosioneel. Stoute derduiwel. Pierewaaier. Kapokhaan van formaat. Hy was berug. Joernaliste het sy manewales soos soetkoek opgeëet en dié begaafde vleuel het dit met oorgawe opgedis. James Terence Small – 47 toetse, 20 drieë. Die eerste Suid-Afrikaner wat met ʼn kaart van die veld…

Begrotingstoespraak is ’n geloofwaardige reaksie op ekonomiese uitdagings

Die toespraak oor die 2023 Begroting was ’n verrassingvrye, pragmatiese en geloofwaardige reaksie op ’n stel uitdagende internasionale en plaaslike ekonomiese omstandighede.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, het kommentaar gelewer op die 2023 Begroting wat deur die Minister van…

NWU en DARD onderteken ’n memorandum van verstandhouding

Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (DARD), wat die Landboukollege Potchefstroom en die Taung Landboukollege verteenwoordig, het op 27 Januarie 2023 ’n memorandum van verstandhouding (MvV) op die NWU se Potchefstroomkampus onderteken.

Die doel van die MvV was om ’n raamwerk te bied…