Akademiese nuus

Wat ʼn inspirasie!

Dr. Marli Dercksen is onlangs deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge met ʼn spesiale Inspirasievrou-toekenning vir haar werk in metaboliese siektes vereer. Kom vind saam meer uit oor dié merkwaardige vrou.

Vertel ons bietjie wanneer…

Noordwes-Universiteit vereer sy uitmuntende navorsers

Die NWU het op 3 Desember 2020 sy allerbeste navorsers en innoveerders tydens ’n virtuele toekenningsaand vereer.

Talle van die uitmuntende personeellede het by die geleentheid erkenning vir hulle uitnemendheid in navorsing in 2019 ontvang, waarby navorsers met nuwe NNS-graderings…

Drie dosente as OBU-genote (TAU fellows) gekies

Drie akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vir die Suid-Afrikaanse Onderrigbevordering by Universiteite-genootskapprogram (OBU-genootskapprogram) gekies. Dit is ’n groot eer om deur die OBU-paneel gekies te word en bevestig weer eens dat die NWU se akademici ’n welverdiende reputasie ten opsigte van hulle kundigheid, harde werk en…

NWU-navorser help om nuwe data oor die Aarde en die Melkweg bloot te lê

’n Nuwe studie het die sluier oor ’n paar van die geheimenisse van die Melkweg gelig. Daar is bevind dat die Aarde vinniger as vroeër beweeg, en dat dit amper 2 000 ligjaar nader aan die gravitasiekolk in die middel van die Melkwegsterrestelsel is. Dit is volgens nuwe data wat oor ’n tydperk van 15 jaar deur die Japannese radio-astronomieprojek…

NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe gee erkenning vir uitnemendheid in navorsing en innovasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het op 18 November 2020 vir die eerste keer ʼn Navorsing en Innovasie Toekenningseremonie aangebied om erkenning te gee aan die harde werk en prestasies van die fakulteitslede. Die fakulteit het die prestasie van navorsers volgens gestelde kriteria bereken – nie net is die getal…

Rentekoerse onveranderd gelaat soos verwag

Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dat die Monetêre Beleidskomitee (MBK) se jongste besluit om weer eens die rentekoers onveranderd te laat, te wagte was in die lig van die ekonomiese model waarop die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sy sake hanteer.

“Die MBK het weer eens…

NWU-navorsingsgroep lewer ’n bydrae tot internasionale voëlstudie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsing oor die genetiese data van dwergpapegaaie, oftewel lovebirds (genus Agapornis), is by ’n omvattende internasionale voëlstudie ingesluit. Nege dwergpapegaaispesies kom inheems in Afrika en Madagaskar voor.

Hierdie navorsing het ook gelei tot ’n patent en die moontlike kommersialisering van ’n…

Lang en moeilike pad om die Suid-Afrikaanse Lugdiens reg te ruk

Die Noordwes-Universiteit se Ofentse Mokwena, ʼn vervoerekonoom, gooi sy blik op die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële- en bedryfstreuermare en gee ook sy voorstel vir oplossings.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het verborge kwesbaarhede gehad toe dit tot in die middel-2000’s deel van Transnet Bpk. was. Voor daardie tyd is…

Begrip van konsensuele niemonogamie (swinging) uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief

Hoewel sommige mense dit as taboe beskou, vind swinging – om jou maat toe te laat om geslagsomgang met ander mense te hê – al dekades lank regoor die wêreld plaas.’n Eenvoudige Google-soektog lewer duisende resultate oor die leefstyl op, en tog is bitter min oor swinging uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief bekend.

Marina Basson, ’n PhD-…

Mense los probleme op en maak antropologie die regte plek om te wees

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se vakgroep Antropologie gaan van krag tot krag, en is van voorneme om die NWU een van die topuniversiteite te maak waar daar op hierdie gebied gestudeer kan word. “Met die besef dat die ingewikkelde probleme van ons samelewing net deur middel van mense opgelos kan word, het die vakgroep met ’n proses van…