Akademiese nuus

Topdienstoekenning vir NWU-sterrekundige

​Die Royal Astronomical Society (RAS) van die Verenigde Koninkryk het sy 2022-dienstoekenning vir astronomie aan prof Don Kurtz toegeken.

Die RAS sê in ’n verklaring: “Prof Donald Kurtz het ’n lewenslange toewyding aan openbare uitreikprogramme met ’n roemryke navorsingsloopbaan gekombineer.”

Hy het van 2010 tot 2020 meer as 300…

#theArtofResearch – maak gesondheidsorg meer toeganklik

Dis geen geheim dat die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) by die Noordwes-Universiteit (NWU) aan die voorpunt van intensiewe navorsing is nie. Hulle het weer eens oor die afgelope jaar gedemonstreer dat hulle missie is om navorsing te doen wat talle gesondheidsverwante probleme kan oplos wat jonk en oud affekteer.  

HART-…

Misdaad word gestraf, maar wat van rehabilitasie?

Die Suid-Afrikaanse strafstelsel het gefaal, en as gevolg daarvan is misdaad buite beheer. Dit is die harde en ongemaklike werklikheid wat die samelewing moet trotseer, en die land se kwellende misdaadstatistiek getuig daarvan.

Een rede daarvoor is die gebrek aan rehabilitasiegeleenthede wat vir oortreders beskikbaar is. Die bekoring…

Die staatsrede evalueer Suid-Afrika se sosio-ekonomiese uitdagings op ’n realistiese manier

“Die staatsrede wat op 10 Februarie deur president Cyril Ramaphosa aan die Parlement gelewer is, was ’n eerlike en realistiese evaluering van die huidige sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar en die dringende behoefte om dit doeltreffend te hanteer.”

NWU nou Adriaan Strauss se MBA-tuiste

Hy was die 56ste Springbokkaptein. ʼn Kanniedood-werkesel wie se blonde kop orals op die veld te sien was. ʼn Beweeglike haker met genoeg wringkrag om ʼn hele rugbyveld vir 80 minute lank om te dolwe. ʼn Leier.

Met die aanvang van Allister Coetzee se era as Springbokafrigter is daar op…

Intellektuele superkragte trek saam …

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool het op Maandag 24 Januarie met die eerste dag van hulle week lange MBA-somerskool begin. Nie minder nie as 125 MBA-studente het by die Stonehenge-venue buite Parys byeengekom, en meer as 70 studente het aanlyn by hulle aangesluit.

Prof Jan van Romburgh, die hoofdirekteur van…

NWU-akademici word deel van gesogte OBU-genootskapsprogram

Die akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n welverdiende reputasie vir kundigheid, harde werk en toewyding. Dit is weer eens duidelik by twee dosente wat vir die gesogte Suid-Afrikaanse Onderrigbevordering by Universiteite-genootskapsprogram (OBU-genootskapsprogram) gekies is.

Dr Misheck Dube van die Skool vir Psigososiale…

Die verhoging van die repokoers was onvermydelik

Markte en ekonome het almal die verdere 25-basispuntverhoging in rentekoerse deur die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) op 27 Januarie verwag.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU),…

Die ruimte, biljoenêrs en ons nuwe era van ruimtevaart

Daar was ’n tyd toe die supermoondhede in ’n stryd om algehele oorheersing gewikkel was en die wêreld op die randjie van uitwissing gestaan het. Daar was ’n tyd toe manne in kolosse genaamd Redstone, Atlas, Titan en Saturn met honderde duisende ponde stootkrag agter hulle na die hemele gereik het, en die name Sputnik…

Covid-19-tragedie is meer as net getalle

Getalle is deel van ons lewe. En hoewel ons dalk gevoelloos, afgesny en gedesensitiseer raak deur al die getalle waarmee ons daagliks gebombardeer word, mag ons nie daaraan gewoond raak nie. Ons mag nie uit die oog verloor wat dit beteken nie, verduidelik professor Alida Herbst, Direkteur van die Skool vir…