Akademiese nuus
Franco pak die studentelewe met vaste tred aan
Dit was liefde met die eerste oogopslag. Seun ontmoet kampus. In 2019 besoek Franco van Dijk die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom as deel van ’n toer van sy skoolkoor.
“Ons het baie van die kampus te sien gekry – dit het amper soos ’n opedag gevoel. Ek het regtig baie gehou van wat ek sien en besluit dit was…
NWU Besigheidskool: Staan op soos die feniks
Die akademie se besbewaarde geheim staan ná die pandemie op uit die as. Die toonaangewende Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het op Maandag 26 April in Potchefstroom ’n Brag & Brand-funksie gehou wat deur dosente, personeel en alumni bygewoon is.
Prof Linda du Plessis, waarnemende visekanselier van die NWU, het die gaste…
NWU nou in die top-4,5% van wêrelduniversiteite
Die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter steeds op wêreldwye ranglyste. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2022/2023-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,5% van universiteite geplaas. Dit is ’n verbetering op hulle plek in die top-4,7% op dieselfde ranglys verlede jaar.…
Student wen Visekanseliersmedalje met navorsing oor ruimteweer
Jacques Beukes van die MUST-diepleernavorsingsgroep by die Fakulteit Ingenieurswese is die 2021-wenner van ’n Noordwes-Universiteit (NWU) Visekanseliersmedalje vir sy verhandeling “Interpretability of deep neural networks for SYM-H prediction”. Agt visekanseliersmedaljes word jaarliks aan die beste meestersgraadstudente by die NWU toegeken.…
Nuwe toekenning om wêreldwye siekte hok te slaan
Bertie Jacobs
Malaria is ’n dodelike siekte wat wêreldwyd voorkom, en menselewens en die ekonomieë vernietig van die lande waar dit floreer.
Volgens die jongste syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) was daar in…
Nieverwisselbare bewyse: Waarom al hierdie opgewondenheid?
Bertie Jacobs
’n Nuwe akroniem het ons woordeskat betree: NFT. NFT staan vir non-fungible token – ’n nieverwisselbare bewys – wat op sigself nie veel sê nie. Wat NFT’s is, is geld. Groot geld. En dit is besig om die wêreld van digitale handel te verander.
Eerstens beteken onvervangbaar dat die item nie…
Siggestremde Cornelle en haar gidshond kry graad.
Bertie Jacobs
“‘Vogue’, soos die tydskrif,” beskryf die 22-jarige Cornelle Leach haar pikswart Labradortefie se naam. Vogue, wat nou die dag geesdriftig vir haar eerste skilpad in die Botaniese Tuin geblaf het. Vyfjarige Vogue wat ʼn jong seuntjie se roomys onlangs uit sy hand gegryp en…
Waarom nog vakke voeg by ’n skoolleerplan wat reeds oorvol is, terwyl die hele leerplan herontwerp moet word?
Die woord “digitaal” handhaaf deesdae ’n sterk teenwoordigheid in feitlik elke sektor, saam met oproepe vir die heropleiding en verdere opleiding van die arbeidsmag ten opsigte van digitale geletterdheid en vaardighede sodat hulle in die toekomstige werksomgewing relevant kan bly. Die Covid-19-…
Die oorlog in Oekraïne: ’n duur keerpunt
Bertie Jacobs
Die oorlog in die Oekraïne woed voort. Duisende is dood, miljoene is ontheem en die wêreld wag op ’n onseker uitkoms. Die konflik het talle gevolge op baie verskillende fronte gehad, en die kontinent waarop dit plaasvind, is nie onaangeraak…
Navorser is bekommerd oor die gebruik van alkohol onder studente
Die hoë voorkoms van alkoholgebruik onder studente in hoër onderwys is ’n bekommernis vir openbare gesondheid. Dit is volgens ’n studie wat deur prof Miriam Moagi van die Skool vir Verpleegkunde by die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is.
Prof Moagi het gekyk na bestaande bewyse om die alkoholmisbruik onder studente uit ’n vraag-…