NWU Besigheidskool: Staan op soos die feniks

Die akademie se besbewaarde geheim staan ná die pandemie op uit die as. Die toonaangewende Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het op Maandag 26 April in Potchefstroom ’n Brag & Brand-funksie gehou wat deur dosente, personeel en alumni bygewoon is.

Prof Linda du Plessis, waarnemende visekanselier van die NWU, het die gaste verwelkom en gesê dat “’n goeie skool legitimiteit moet hê.  Sy het daarmee gespog dat die NWU Besigheidskool vir ’n verdere vyf jaar akkreditasie van die Vereniging van MBA’s ontvang het.

Die hoofdirekteur, Prof Jan van Romburgh, het die gaste toegespreek en gesê dat prof Raymond Parsons – ook van die skool – die skool as die land se besbewaarde geheim beskryf het.  Hy het gesê hy stem nie saam met die stelling nie, aangesien die “skool hulle sukses moet beloon” nie. Tydens Covid het alle vergaderings deur middel van Zoom plaasgevind – nou wil die skool weer soos die onsterflike perd uit die Griekse mitologie, Feniks, uit die as verrys. “Ons moet na mense uitreik,” sê hy.

“Ons het interaksie nodig. Vanaand se funksie gaan oor ons handelsmerk, wat gehalte en uitnemendheid simboliseer. Dit is hoe mense die skool beskou,” het prof Van Romburgh gesê. Hy het hulle prestasie beklemtoon. “Ons is deur die Business Graduates Association eerste in Afrika geplaas, en die skool sal teen 2025 drievoudige akkreditasie (triple-crown accreditation) hê en in die top-50 in die wêreld geplaas word. Die skool het ’n 40%-toename in MBA-aansoeke ontvang en hanteer 10 doktorate per jaar.”

Bekende alumni het ook gepraat en die tyd beskryf toe hulle aan die skool gestudeer het en wat hulle danksy die skool bereik het.

  • Arrie Rautenbach, HUB: Absa, het die skool bedank dat hulle hom voorberei het en dat hulle ander jongmense vir die toekoms voorberei.
  • Dr Alistair Mokoena, HUB: Google Africa, het in Bophuthatswana grootgeword en gesê dat die skool hom vir die lewe se uitdagings voorberei het. Sy maatskappy is besig om die internet na Suid-Afrika te bring.
  • Mayleen Kyster, Direkteur: African Steel Holdings, het haar tuiste by die skool gevind toe sy haar MBA gedoen het. Sy is nou aan die hoof van ’n staalmaatskappy wat deur mans oorheers word.
  • Molato Tshabalala, van die Vrystaatse Departement van Sport, het gesê die skool het vir hom gewys hoe om bó sy omstandighede uit te styg. Hy het sy lewe vergelyk met ’n gemeenskap wat moes aanpas nadat hulle enigste koei dood is. Die skool het vir hom gewys hoe om aan te pas.

....

Mayleen Kyster, Molato Tshabalala, prof Jan van Romburgh, dr Alistair Mokoena en Arrie Rautenbach het die Brag & Brand-funksie van die NWU Besigheidskool bygewoon

 

Submitted on Fri, 04/29/2022 - 09:28