Akademiese nuus

Nuwe taalhulpbronne vir die vier Suid-Afrikaanse Nguni-tale

Beter tegnologie-instrumente is op pad vir Suid-Afrika se vier Nguni-tale. Navorsing wat by die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedoen word, help met die invul van die ontbrekende skakels oor hoe hierdie tale gebruik word, wat weer sal lei tot die ontwikkeling van taalgereedskap wat op die jongste…

Mikroskopiese wonder op geelbuik-seeslang is ’n wetenskaplike deurbraak

Net soos reusagtigheid ontsag kan inboesem, so is daar wonders in die ongelooflike kleine te vind. Vir dr Roksana Majewska van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is dit baie waar.

Voordat ons die mikroskoop nadertrek, moet ons praat oor Hydrophis platurus – of die beterklinkende geelbuik-…

Bekende opvoedkundige oorlede

ʼn Bekende voormalige dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde en viserektor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus, prof Dewey de Wet, is Saterdag 2 Julie in die vroeë oggendure in sy huis in Potchefstroom oorlede.

Prof de Wet het studeer aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU…

NWU se Hoof en Visekanselier sluit aan by wêreldleiers in kernwetenskap vir internasionale webinaar

Die Noordwes-Universiteit se Hoof en Visekanselier, dr Bismark Tyobeka, is deur prominente wêreldleiers in kernaangeleenthede genooi om ʼn paneellid te wees in ʼn internasionale webinaar oor die rol van kern- en radiologieveiligheid in die vreedsame gebruik van kernwetenskap en -tegnologie.

Dit gaan alles oor die ouderdom – van wyn en ook van mense

Hoe ouer wynliefhebbers is, hoe droër verkies hulle hulle wyn, en hoe langer neem dit hulle om dit wat hulle gekoop het, te drink.

Dit is twee van die bevindings van ’n onlangse studie oor die wynvoorkeure van verskillende ouderdomsgroepe wat die navorsingseenheid TREES (Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing)…

Uit die oogpunt van outisme: uitbeelding van outisme in die populêre kultuur

Die sewende nasionale Outismesimposium vind van 30 Junie tot 2 Julie 2022 op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) plaas. Die gebeurtenis laat die klem op die realiteite van mense met outisme en hulle gesinne val. Dit beloof om insiggewende perspektiewe deur kundiges op die gebied te lewer.

Die formaat…

Die Noordwes-Universiteit kondig ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter vir sy Raad aan

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op sy vergadering van 23 Junie 2022 ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter verkies.

Mnr Bert Sorgdrager, ’n gesoute regskundige met meer as 30 jaar ervaring in die privaat sektor, is as die sesde voorsitter van die NWU Raad verkies.  Mnr Obakeng Mongale, ’n ervare staatsamptenaar en die…

Baanbreker Dube skroom vir geen uitdaging nie

Hy sê nooit vir niks “nee” nie. Ooit. Só beskryf diegene wat Rethabile Dube ken dié 25-jarige baanbreker.

In universiteit-volksmond is hy slegs bekend as Dube. Almal ken Dube. Soos Cher, Prince, Drake en Madonna. As Senior Administratiewe Assistent by Gradeplegtighede en Seremonies aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is sy gesig…

Duwweltjiepad ontsenu nie vir Jane Fransman nie

Met elke trappie wat Tebogo tot op die verhoog klim, met elke tree wat hy oor die verhoog gee, het sy ma, Jane Fransman, se hart vinniger begin klop. Doef-doef, doef-doef. Trotse slae. Toe hy tot stilstand kom en dáár, in die ouditorium op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, sy onderwysgraad ontvang, wou sy uit haar vel bars…

Lede van die ontvangspersoneel deur die NWU vereer

{0>During the month of May, then acting vice-chancellor Prof Linda du Plessis hosted multi-campus events to thank the frontline staff members for working hard during the registration period amidst Covid-19 challenges.<}0{>Die waarnemende visekanselier, prof Linda du Plessis, was tydens Meimaand die gasheer…