Akademiese nuus

NWU vasberade om die kollig op geslagsgebaseerde geweld te laat val

Die getalle spreek vanself: ’n baie groot getal vroue in Suid-Afrika leef in gevaar. Volgens ’n studie deur Statistieke Suid-Afrika het een uit vyf (21%) vroue met lewensmaats in hulle leeftyd al fisieke geweld deur ’n lewensmaat deurgemaak, en 6% het al seksuele geweld ervaar. Die voorkoms van fisieke geweld is die hoogste onder vroue in die…

Minister van Botswana verwerf sy PhD aan die NWU Besigheidskool

Ons wil graag vir die Minister van Grond- en Watersake van die Republiek van Botswana, dr Kefentse C Mzwinila, gelukwens met sy PhD-graad wat hy op 25 Mei 2022 aan die NWU Besigheidskool verwerf het.                                               

Dr Mzwinila het met ’n BA-graad in Ekonomie en Besigheidsadministrasie, en ’n BSc-graad in…

Waardes is ’n dryfkrag vir die NWU

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots daarop om ’n waardegedrewe instelling te wees en is tans besig met ’n veldtog om die waardes wat as riglyne dien vir personeel, studente en ander belanghebbers, weer bekend te stel.

Die veldtog het in Maart 2022 afgeskop met ’n kookkompetisie vir die Universiteitsbestuurskomitee (UBK) en ’n…

Studie bevind dat ongeteerde strate lugbesoedeling bevorder

Die brand van fossielbrandstowwe en industriële vrystellings is van die vernaamste bronne van lugbesoedeling in Suid-Afrika. Daar is egter ander bronne wat in woongebiede aangetref word, byvoorbeeld ongeteerde strate, waarvan daar baie in lae-inkomstewoongebiede in Suid-Afrika is.

Lugbesoedeling is een van die vernaamste…

Verbruikers staar toenemend moeilike jaar in die gesig ná rentekoersverhoging

Die besluit deur die Monetêrebeleidskomitee (MBK) om die repokoers met nóg 50 basispunte te verhoog, is oor die algemeen deur markte en ontleders verwag.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die MBK het die verwagte besluit met ’n stemming van 4 tot 1 geneem.

“In die lig…

Waarom vroeë sifting vir bloeddruk by kinders noodsaaklik is

Hoë bloeddruk of hipertensie is nie net ’n siekte by volwassenes nie, maar begin tydens die kinderjare en duur tot in volwassenheid.

In ’n studie wat deur die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) van die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is, beklemtoon navorsers die belangrikheid van sifting by kinders, veral swart kinders,…

NNS-gradering vir die jongste medeprofessor in dierewetenskap aan die NWU

Boerdery is in prof Kenny Mnisi se bloed, en sy lewenslange passie vir dierewetenskappe dra uiteindelik vrug. Prof Mnisi, wat by die Skool vir Landbouwetenskappe op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus werk, het ’n Y2-gradering ontvang van die Nasionale Navorsingstigting (NNS), wat bekend is vir hulle streng en robuuste…

Stemme van inheemse gemeenskappe van praktyk moet gehoor word

“Vennootskappe tussen die regering, die privaat sektor en die burgerlike samelewing is noodsaaklik vir enige agenda vir volhoubare ontwikkeling. Ervaring in Afrika het egter getoon dat deelname deur plaaslike gemeenskappe aan ontwikkelingsprojekte selde interaktief of bemagtigend is,” sê Otsile Maditsi, ’n PhD-kandidaat en dosent by die Sentrum…

Jong plantkundige bevorder navorsing wat vir gemeenskappe relevant is

Afrika het volop plante wat vir voedsel en medisyne gebruik kan word, en ’n jong plantkundige aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en sy navorsingsmedewerkers is vasbeslote om te verseker dat gemeenskappe self uit die ryk plantlewe rondom hulle voordeel trek.

Medeprofessor Oladapo Aremu van die Inheemse Kennisstelsels in die Fakulteit…

Regsprofessor verbeter vorige NNS-gradering van ’n C na ’n uitmuntende B

Prof Christa Rautenbach se harde werk oor regspluralisme en kulturele diversiteit het uiteindelik vrugte afgewerp toe sy in die hoogs kompeterende graderingsproses van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ’n B-gradering ontvang het.

Een van haar beoordelaars het opgemerk dat haar “navorsing betekenisvol is vir regspluralisme en…