Ons lei deur navorsing by die NWU

By die Noordwes-Universiteit (NWU) speel navorsing nie net ’n deurslaggewende rol in die daaglikse funksionering nie, maar dit is ook waar die universiteit help om die wêreld te verander.

Benewens die NWU se magdom navorsingsentrums van uitnemendheid, leerstoele, eenhede, fokusareas en nisareas, sy navorsingsentiteite en kommersiële navorsingsentiteite waarvoor hy gasheer speel, het die universiteit ook in 2021 727 meestersgraadstudente en 261 doktorale studente gelewer. 

Die bestek van hulle navorsing was omvattend, met al agt die fakulteite by die NWU wat fassinerende en implementeerbare navorsing gelewer het wat innoverend en buitengewoon is.

Hierdie tendens het in 2022 voortgeduur en dit is alles ter verbetering van die samelewing. Doktorsgraadstudente van die NWU het ’n verskeidenheid kwessies aangepak: van ’n ondersoek om Suid-Afrikaanse maatskaplike werkers teen geweld van kliënte te beskerm, hoe om kinders met ontwikkelingsagterstande en gestremdhede in landelike en jeugsorgsentrums te bestuur, tot die vorming van ’n nuwe geneesmiddelafleweringsprogram vir verbeterde virusentstowwe deur slenkdalkoors as gevallestudie te gebruik. 

Een navorser het gekyk na die voedselinname en borskankerrisiko van swart vroue in Soweto, terwyl ander verder as ons grense gekyk het, soos een navorser getoon het deur ’n konseptuele raamwerk vir kennisbestuur in die watervoorsieningsektor van Botswana te ontwikkel.  Wat water betref, het nog ’n doktorsraadstudent ’n konseptuele model ontwerp vir ’n bestuurstelsel vir oliestortings in die oseane van Suid-Afrika.

Ander studies het ’n ondersoek ingesluit van vroue se politieke deelname in die suidweste van Nigerië, en ’n ondersoek is gedoen na die nasionale sekuriteitstrategie van Indië as ’n instrument van buitelandse beleid teenoor Pakistan. Wat navorsing by die NWU betref, geld geen grense nie.

Hoewel die huidige groep NWU-navorsers uitmuntende resultate lewer, verseker hulle egter ook dat toekomstige geslagte Suid-Afrikaners sal voortgaan om ondersoek te doen, te studeer en te verken.

Daar is ’n goed gedokumenteerde tekort aan tegniese, ingenieurs- en tegnologiese vaardighede in Suid-Afrika wat die toekomstige welstand van die land bedreig. Dit is ’n droewige vooruitsig, een wat die NWU deur sy Akademie vir Wetenskap, Ingenieurswese, Tegnologie en Gesondheid (SETH) hanteer. Hierdie akademie lei toekomstige ingenieurs op terwyl hulle nog op skool is. Leerders volg die normale skoolleerplan, maar ontvang ook ekstra klasse in SETH-vakke.

Die SETH Akademie wil ook die uitset van ingenieurswesegegradueerdes verhoog en die getal gegradueerdes van voorheen-benadeelde groepe, asook vroulike gegradueerdes, verhoog.

Met ’n onverpoosde navorsingsuitset van die hoogste gehalte en inisiatiewe soos die SETH Akademie, kan ’n mens nie help om te vra watter wonders die toekoms by die NWU inhou nie.

 

Submitted on Wed, 08/31/2022 - 11:26