Vanderbijlparkkampus-nuus

Rusland se inval in Oekraïne: wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse verbruikers?

Rusland se inval van Oekraïne het skokgolwe regoor die wêreld gestuur en beduidende onsekerheid in wêreldmarkte veroorsaak.

Hoewel ons geografies ver van hierdie strydende lande is, beteken die moderne era van globalisering en sterk integrasie van markte deur handel en finansiële vloei dat Suid-Afrikaners moontlik die uitwerking daarvan aan hulle beursies sal voel.  

Die media en nuusagentskappe het sedert die begin van die inval baie gespekuleer om te probeer vasstel watter potensiële uitwerking dit op plaaslike ekonomiese toestande kan hê. Sommige ontleders waarsku dat ’n… Read more

Sukses is ’n keuse wat jy elke dag maak – Robin Banks

3> Sukses is ’n keuse wat jy elke dag maak – Robin Banks

Die Robin Banks-filosofie is eenvoudig: tem en oefen jou denke. Die einste gedagtes wat deur jou kop loop, kan jou help om die lewe van jou drome te laat waar word, of dit kan jou grootste vrese bewaarheid.

In die lig hiervan is dit so dat die meeste mense nie die…

Maatskaplike verklaring wys die pad aan vir toekomstige maatskaplike werkers

Maatskaplike werkers speel ’n belangrike rol in die gemeenskappe wat hulle dien. Hulle is stem vir die mense wat nie gehoor word nie, en hulle konfronteer ernstige maatskaplike kwessies om jonk en oud te help om te floreer. Kortom: hulle is daartoe verbind om die wêreld ’n beter plek te maak om in te woon.

Met hierdie onus op professionele…

Wêreldvoedseldag 2019: Gemors is nie gemors voordat dit gemors word nie!

>

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Opvoedkunde in Vanderbijlpark het onlangs by die wêreldgemeenskap aangesluit om Wêreldvoedseldag te vier. Die fakulteit het op 16 Oktober ’n spesiale lesing oor voedselsekerheid en die uitwissing van wêreldwye honger aangebied.

Veronica Cronje, uitvoerende direkteur van die Lusa-…

Kampus se Golden Key-afdeling vier nuwe hoë status

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se tak van die Golden Key internasionale erevereniging gaan van krag tot krag.

Die afdeling op die kampus in Vanderbijlpark het onlangs die gesogte goue toekenning (Gold Chapter Standing) gekry vir sy betrokkenheid by en voldoening aan die vereniging se pilare van akademie, leierskap en diens. Dit is bereik…

Poppe bevorder leer vir jong kinders

Dit was iets om te sien. Toe die musiek begin speel en die fluweelgordyne oopskuif, het die kleintjies by die El Shaddai Laerskool in Vanderbijlpark hul asems opgehou en die ogies het geblink. Dit was tyd vir die kleurvolle poppe om te praat en vir klein mensies om te luister en te leer.

Poppespel as opvoedkundige instrument vorm deel van…

Die wêreld lê oop voor Thandi Hlotshana

Thandi Hlotshana is op pad om die wêreld te sien. Hierdie borrelende 23-jarige, wat van die Oos-Rand af kom, is ’n finalejaar-BA-student in bedryfsielkunde en arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en het ’n Abe Baily-beurs gewen – een van slegs 18 ontvangers daarvan in die land.

Sy gaan op 24 November vir die eerste keer…

GeeXpo 2019: Beurse vir slimkoppe in wiskunde en wetenskap

As jy ooit gewonder het oor die waarde van wiskunde en wetenskap, vra net vir Janu Fouché en Ruan le Hanie om hulle toekomsvooruitsigte met jou te deel.

Janu, ‘n graad 11-leerder van Potchefstroom Volkskool, en Ruan, ‘n finalejaar BSc IT-student, het tydens die jaarlikse Noordwes-Universiteit (NWU) GeeXpo-gebeurtenis hulle pad na sukses…

Kampus speel gasheer vir KANSA Relay for Life

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het vanjaar vir die sewende keer gasheer gespeel vir die jaarlikse KANSA Relay for Life-inisiatief.

Hierdie inisiatief bied aan die gemeenskap die geleentheid om kankeroorlewendes te vier, om die wat hul stryd teen die siekte verloor het te onthou, en om bewusmaking oor kanker te…

Niks vaal aan alumna Ane!

Deelnemers aan die gesogte Mnr en Mej Vaal skoonheidskompetisie het onlangs tydens dié spoggeleentheid op die rooi tapyt geskitter.

Die aand het egter aan Ané Oosthuysen behoort, ‘n honneurstudent verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark. As die nuutgekroonde Mej Vaal, wag ‘n besige jaar op dié donkerkop…

Spring gou vir Robin Banks werkswinkel

Het jy al jou kaartjie gekoop vir die mag-nie-misloop werkswinkel deur Robin Banks, die vooraanstaande kundige oor die onderwerp van denkkrag en persoonlike meesterskap? Indien nie, moet jou gou spring om jou plek te bespreek.

Op Donderdag, 10 Oktober, sal Robin Banks sy hoogaangeskrewe werkswinkel, “Success is a choice”, op die Noordwes-…