Sukses is ’n keuse wat jy elke dag maak – Robin Banks

3> Sukses is ’n keuse wat jy elke dag maak – Robin Banks

Die Robin Banks-filosofie is eenvoudig: tem en oefen jou denke. Die einste gedagtes wat deur jou kop loop, kan jou help om die lewe van jou drome te laat waar word, of dit kan jou grootste vrese bewaarheid.

In die lig hiervan is dit so dat die meeste mense nie die inherente krag van hulle denkprosesse besef nie, en dat hulle met een ingesteldheid deur die lewe gaan.

Tydens sy onlangse motiveringswerkswinkel – Sukses is ’n Keuse – wat by die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark gehou is, het Robin sy passie vir persoonlike bemagtiging met ’n groot gehoor gedeel.

Elke reis begin met ’n daad

Volgens Robin is die heel belangrikste stap om te neem wanneer jy ’n verandering wil maak – hetsy dit in jou privaat lewe, besigheid of loopbaan is – om iets te doen.“Optrede veronderstel aksie, en dit neem die plek in van die tyd wat jy in jou leunstoel sit en jou verandering beplan,” sê Robin, en voeg by dat optrede denke aanwakker.

Hy is baie beslis daaroor dat wanneer ’n mens die kwaliteit van jou gedagtes verhoog, sukses sal volg, aangesien dit ons bestemming vir ons bepaal.

Hy het tydens die werkswinkel verskeie metodes voorgestel wat individue met die oefening van hulle denke kan help. Die tegnieke wat hy gebruik, fokus op die onbewuste as kragtige deel van die mens se denkproses. Hy meen dat deur te leer hoe om hierdie deel van jou brein te ontsluit, jy die vermoë van jou denke om probleme op te los, kan verbeter, en beheer kan neem oor dinge wat jou gedagtes aflei.  

Die volgende opleidingstegnieke vir die gebruik van jou denke kan jou help om hierdie “onontginde” deel van jou brein te benut: visualisering, meditasie, wegbreek uit jou gemaksone, slaap (helder drome).

NWU ’n aktiewe bemagtiger van impak

Die werkswinkel, wat baie goed ontvang is, is die resultaat van ’n samewerkende onderneming tussen die bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum (EDC) en die Alumnikantoor.

Volgens Annelie Steenkamp, ’n verteenwoordiger van die bhive EDC, was die doel van hierdie geleentheid om die gemeenskap te motiveer en aan te moedig om nuwe geleenthede vir sukses aan te gryp en daardeur ’n beweging van proaktiwiteit aan die gang te sit – veral ten opsigte van entrepreneurskap.

Die Alumnikantoor deel hierdie sentiment en sy voeg by dat dit belangrik is vir individue om van hulle besluitnemingsprosesse bewus te word. “Ons tree dikwels op ’n outomatiese manier op en doen dinge uit gewoonte eerder as om bewuste besluite te neem, sê Zanele Ngobese, die alumnikoördineerder.

* Die bhive EDC verteenwoordig ’n dinamiese spil van entrepreneursaktiwiteit binne die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Robin Banks

Prof Linda du Plessis, adjunkvisekanselier vir beplanning en kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, verwelkom teenwoordiges by die werkswinkel.

 

Submitted on Fri, 10/25/2019 - 15:09