Vanderbijlparkkampus-nuus

Rusland se inval in Oekraïne: wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse verbruikers?

Rusland se inval van Oekraïne het skokgolwe regoor die wêreld gestuur en beduidende onsekerheid in wêreldmarkte veroorsaak.

Hoewel ons geografies ver van hierdie strydende lande is, beteken die moderne era van globalisering en sterk integrasie van markte deur handel en finansiële vloei dat Suid-Afrikaners moontlik die uitwerking daarvan aan hulle beursies sal voel.  

Die media en nuusagentskappe het sedert die begin van die inval baie gespekuleer om te probeer vasstel watter potensiële uitwerking dit op plaaslike ekonomiese toestande kan hê. Sommige ontleders waarsku dat ’n… Read more

Ondernemende Vroue-program 2020: ʼn Uitnodiging aan alle Vaaldriehoek-fempreneurs

>

Indien Suid-Afrika die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se teiken wil bereik om teen 2030 11 miljoen poste te skep, moet entrepreneurskap – veral onder vroue – aangemoedig word.

Ten opsigte hiervan neem die Noordwes-Universiteit (NWU) leiding om entrepreneurskap deur middel van sy jaarlikse Ondernemende Vroue-program (EWP) te…

NWU-kundige is mederedakteur van nuwe handboek oor diversiteitsbestuur

Dr Leon Moolman, ʼn senior lektor in arbeidsverhoudingebestuur, begin die jaar op ’n vreugdevolle hoogtepunt nadat hy sy eksemplaar van die pasgepubliseerde handboek, Managing Diversity in the South African workplace, ontvang het. 

As een van die mederedakteurs van die handboek is dr Moolman baie opgewonde oor die bydrae wat deur die…

Optentia gaan tweede Stats Camp Suid-Afrika aanbied

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea het in 2019 geskiedenis gemaak deur die heel eerste Stats Camp Suid-Afrika aan te bied. Hulle sal in 2020 weer eens hulle kant bring en hierdie internasionaal-erkende opvoedkundige geleentheid aanbied.

Die ontledingswegbreekgeleentheid wat oor vier dae plaasvind, word in die…

NWU Slimstasie help gemeenskap om weerslim te wees

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs in samewerking met die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) ‘n moderne waarnemingstasie geloods wat die weer sowel as die luggehalte sal moniteer.

Dié multimiljoenrandontwikkeling is op die universiteit se kampus in Vanderbijlpark geleë, en die NWU is dus die eerste hoëronderwysinstelling in die land…

Navorsing gee ’n stem aan kwesbare kinders

Die seksuele misbruik van kinders is ’n droewige werklikheid in Suid-Afrika.

Mense sê dat hulle iets sal sê as hulle meen dat ’n kind seksueel misbruik word; talle is seker dat hulle uitbuiting sal herken, en byna niemand glo dat hulle sou toelaat dat mishandeling voortgaan as hulle weet wat aan die gang is nie. Tog toon statistiek dat een…

Fempreneurs skitter tydens die EWP-galageleentheid

Dit was ’n aand van feesvier en prestasie toe die Noordwes-Universiteit (NWU) hulde gebring het aan die 2019-klas van die Ondernemende Vroue-program (EWP).

Hierdie toonaangewende entrepreneurskapsontwikkelingsprogram is sewe jaar gelede bekendgestel, en bemagtig vroue regoor die NWU se demografiese voetspoor om selfonderhoudende sake-…

Rugbyklub sluit sportjaar op hoë noot af

Wanneer jy 75 persent van jou driejaar-regrukplan se doelwitte in een jaar behaal, het daar een van twee dinge gebeur: óf jou mikpunte was te lag, óf jy het ‘n uitsonderlike seisoen beleef. In die geval van die Noordwes-Universiteit (NWU) Vaal Rugbyklub is die tweede scenario van toepassing.

Dié klub het onlangs sy jaarlikse…

Finalejaarpiekniek: alles was die moeite werd!

Meer as 200 finalejaarstudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs op die lowergroen walle van die Vaalrivier saamgetrek om saam met vriende te kuier en hulle laaste paar weke op die kampus te geniet voordat hulle gradueer.  

Die finalejaarpiekniek is ’n jaarlikse gebeurtenis wat aan senior studente…

Fakulteit intervensie slaan eerstejaarspaniek hok

Dit is waar: om ‘n eerstejaarstudent by ‘n universiteit te wees, kan een van die mees opwindende, maar stresvolste oorgange wees wat ‘n jongmens sal ervaar. Dit is daarom bloot natuurlik dat jy dalk oorweldig deur jou omgewing, die verantwoordelikhede wat saam met jou nuwe vryheid kom en die druk wat daarmee gepaard gaan, sal voel.

Met…

KIP2019 vier internasionale interdissiplinêre samewerking

In ooreenstemming met die Noordwes-Universiteit (NWU) se droom om ’n internasionaal-erkende universiteit te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek, het die Optentia-navorsingsfokusarea onlangs die eerste internasionale Kort Intensiewe Program (KIP) aangebied.

Die program…