Hou die ekonomiese bootjie vlot: waarom Suid-Afrika vroulike geoktrooieerde rekenmeesters nodig het
In tye van onrus en onsekerheid is kundigheid onontbeerlik. By die Noordwes-Universiteit (NWU) word potensiaal in kundigheid ontwikkel en gevorm tot ’n vaardigheid wat tot voordeel is van die samelewing wat deur die NWU bedien word. Daar is min gebiede wat hierdie situasie beter beskryf as dié van geoktrooieerde rekenmeesterskap. In ’n land wat unieke uitdagings het, speel geoktrooieerde rekenmeesters (GR’e) ’n baie belangrike rol om welvarendheid te bevorder. Dit is ’n gebied wat deur diversiteit gekenmerk word en daar is vele geleenthede.