NWU-kundige: Daar is verdienste in die idee om ’n nuwe klimaatsooreenkoms te versoek
- Read more about NWU-kundige: Daar is verdienste in die idee om ’n nuwe klimaatsooreenkoms te versoek
Gabi Hendrich (37), ’n grafiese en binnenshuise ontwerper en die eienaar van Living Stones Talent Factory, beskryf haar besluit om ’n entrepreneur te word as ’n geleidelike roeping van God waarop sy ja gesê het. Dit is die storie van haar reis tot dusver.
’n Paar maande voordat sy in 2003 haar graad gekry het, het Gabi in die korporatiewe wêreld vir werk begin aansoek doen met die bedoeling om ’n loopbaan in óf grafiese ontwerp óf korporatiewe kommunikasie te bou. “God het egter ’n ander – die beste – plan vir my lewe gehad,” sê Gabi. Sy het vir ’n jaar Taiwan toe gegaan om Engels te onderrig. Hierdie ervaring het die verloop van haar lewe verander. “By hierdie lewendige, kreatiewe en ywerige nasie is die saadjie geplant sodat ek my eie besigheid kon begin. Dit was egter eers sewe jaar en ’n groot geloofsprong later dat LSTF in 2011 gebore is.”