Tweedejaar-gemeenskapsverpleegkundestudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom het onlangs weer na leerlinge van ES le Grange Skool uitgereik.
ʼn Mens kan nie help om te wonder of Yolanda Fourie in haar matriekjaar aan die Hoërskool Transvalia geweet het wat vir haar in die toekoms wag nie. Het sy ooit, terwyl sy as bloemis tussen die blomme werksaam was, geweet waar sy eintlik eendag sou blom? Sou sy kon dink dat sy eendag op die verhoog by ʼn gradeplegtigheid van die Noordwes-Universiteit (NWU) as uitblinker in haar klas sal staan?
Die Maatskaplike Werk Studentevereniging (SOWASK) op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark is vasbeslote om ‘n verskil te maak. Hulle het onlangs met die eerste van baie projekte ten bate van die groep en hulle gemeenskap, afgeskop.
Prof Linda du Plessis, waarnemende rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, het onlangs as hoofspreker by die 2017 PMR-toekennings wat by die Riverside Hotel in Vanderbijlpark gehou is, opgetree.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Ondernemende Vroue-program (OVP) gaan van krag tot krag en meer as 50 vroue-entrepreneurs het al daarby gebaat en op hulle beurt ’n impak op die lewens van talle ander mense gemaak.
Bernedette Muthien, internasionaal-erkende Suid-Afrikaanse kundige wat betref geslagsgelykheid, geweldloosheid, en geslagsgebaseerde geweld, sal as hoofspreker optree by die agste Internasionale Konferensie oor Sosiale Wetenskappe - ’n samewerkingsprojek tussen die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus en die Sosiale Wetenskappe Navorsingsvereniging in Turkye.
Wanneer ’n mens na Jerry Lesele en Mpho Masia luister oor hulle tyd as studente aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus (NWU), word dit duidelik dat hulle universiteitservaring oor baie meer gegaan het as dat hulle hul grade verwerf.
Die wenner stap met die louere weg! Shannon Roscher (25), alumna van die Noordwes-Universiteit (NWU) het hierdie naweek die toekenning vir die 2017 Vrou van Statuur: Jeugambassadeur ontvang tydens ’n glansryke seremonie wat by die Emperors Palace in Johannesburg gehou is.
Met 11 amptelike tale in Suid-Afrika gaan dit nooit ’n maklike taak wees om ’n doeltreffende dog bekostigbare manier te kry om spraak na teks te transkribeer nie. Dit gaan egter verander met behulp van die innoverende denke van navorsers wat ’n oopbron-, web-gebaseerde platform vir spraaktranskripsie skep.
Navorsers in die nuwe navorsingsfokusarea van die Noordwes-Universiteit (NWU), TELIT-SA, is hard aan die werk om nie net die entiteit te vestig nie, maar ook om sy reikwydte en impak uit te brei. TELIT-SA fokus op die teorie en praktyk van leertegnologieë regoor die reeks dissiplines in hoër onderwys. Kortom: ’n toegewyde fokus op die praktyk van tegnologie-ondersteunde leer.