Kanovaarders roei ter herinnering aan ’n voormalige spanmaat

Kanovaarders van regoor die streek en lede van die Watuni-kanoklub, wat op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark geleë is, het Saterdag ’n vaart onderneem ter herinnering aan wyle Gerhard Nel.

Die jaarlikse Gerhard Nel-gedenkresies is ingestel ná die vroeë dood van Nel, ’n ingenieur by ArcelorMittal, tydens ’n tydtoets op die Vaalrivier in April 2013. Benewens om sy prestasies as topkanovaarder en gewaardeerde lid van die Watuni-kanoklub te herdenk, bied die jaarlikse reis aan kanovaarders ’n ekstra geleentheid om vir die naderende Bergrivier-kanomarathon voor te berei.

Volgens Jennie Dallas van die Gautengse Kano-unie is kanovaarders op die oggend van die resies met ’n koue en winderige dag begroet. ’n Totaal van 20 bote (agt K1’s en 12 K2’s) het die 26 km-resies voltooi.

Die Watuni-kanoklub was die gashere vir die geleentheid en die beste roeiers was dié van SCARC – Siyabonga Tyiki en Thando Ngamlana – wat in die eerste plek klaargemaak het. In die O/23-afdeling was Zanenhlanhla Mbala eerste, gevolg deur Wongama Makhasi in die tweede plek. In die 0/16-afdeling was Phineas Zula in die derde plek as die eerste K1-kanovaarder. In die senior afdeling was Sibusiso Ghwayi vierde as die eerste 0/18-kanovaarder. Die eerste veterane oor die wenstreep was Kobus en Caroline Filmalter, wat ook die gemengdedubbels-afdeling gewen het.

Ander wenners van die dag was:
•    Tommy Booth
•    Frank Dabrowski
•    Chad Andrews, Matthew Cruickshank en Gordon Malcolm
•    JP Pienaar en Sylvia Nel
•    Carel van Biljon
•    Keith Beeston en John Rowan

Daar was ook ’n skoolafdelingliga wat op die kampus plaasgevind het. Vir meer inligting, kontak Jan Leonard by 083 680 5952.

Submitted on Thu, 07/06/2017 - 08:39