Hulpverlening aan Knysna en ander storm geteisterde gebiede

Lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusgemeenskap in Vanderbijlpark word aangemoedig om nie-bederfbare produkte, toiletware, komberse en water te versamel ter ondersteuning van die slagoffers van die onlangse brandkrisis in die Tuinroete.

Dié insamelingsprojek word in samewerking met DHL-koeriergroep aangebied.

Volgens Sunelia Rietkerk, ‘n lid van die kampus se Finansiële Steundienste en een van die koördineerders van die skenkingsveldtog, word die volgende produkte dringend benodig:

  • Gebottelde water
  • Babaprodukte
  • Dierekos (katte en honde)
  • Nie-bederfbare voedsel
  • Toiletware

Indien u aan hierdie projek wil deelneem, neem asseblief kennis van die werkswyse:

  • Personeel kan hul skenkings na hul onderskeie sekretaresses neem
  • Die bodes, Elijah en Abia, sal daagliks by elke kantoor omgaan om die skenkings op te laai
  • DHL sal die skenkings by Sunelia Rietkerk en Nipho Mhlongo (Gebou 24, Kamer G49) ontvang, vanwaar dit na die rampgeteisterde gebiede geneem sal word
  • Daar is geen papierwerk wat voltooi moet word nie, asook geen kostes verbonde aan die koerierdiens nie (DHL neem die afleweringskoste op hulself, as deel van ʼn groter nasionale hulpverleningsprojek)

Vir meer inligting skakel gerus vir Sunelia by 016 910 3156 of vir Nipho 016 910 3167.

Submitted on Tue, 06/13/2017 - 09:17