Navorser gebruik kunsmossels om waterbesoedeling te moniteer
Waterbesoedeling is ’n beduidende omgewingskwessie met ’n verreikende impak op die samelewing. Dit is nie beperk tot plaaslike of streeksgrense nie, en word deur klimaatsverandering vererger, wat gesondheidsrisiko’s vir die mens tot gevolg het.
In die hantering van sulke geweldige risiko’s vir ons waterhulpbronne, het ons nou innovasie nodig – die soort van innovasie wat die Waternavorsingsgroep van die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU) toon.