Gemeenskap

Ranglys plaas vir die tweede agtereenvolgende jaar die NWU onder die topses plaaslike universiteite

Die THE World University Rankings het weer eens, soos verlede jaar, die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die topses universiteite in Suid-Afrika geplaas. Die NWU word wêreldwyd tussen 501 en 600 geplaas uit meer as 1 600 universiteite uit 99 lande en streke wat vir die 2022-graderings geëvalueer is.

Submitted on Fri, 09/03/2021 - 09:20

Sesde Nasionale Outismesimposium

In net meer as twee weke gaan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) by die Noordwes-Universiteit (NWU), saam met Outisme Suid-Afrika (A; SA) hulle sesde Nasionale Outismesimposium aanbied. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kinder- en Adolessente Psigiatrie en Verwante Beroepe gaan weer eens hierdie jaar as ondersteunende vennoot optree.

Submitted on Tue, 08/31/2021 - 08:16

Die NWU se wiele rol reeds vir die institusionele oudit

Voorbereidings is goed op dreef vir een van die belangrikste naderende gebeurtenisse in die akademiese lewe van die Noordwes-Universiteit (NWU): die eksterne institusionele oudit wat in Augustus 2022 uitgevoer sal word.

Die NWU se institusionele oudit is deel van ’n reeks oudits van hoër onderwysinstellings wat uitgevoer word onder die vaandel van die Raad op Hoër Onderwys (RHO), wat onlangs ’n aksieplan en breë raamwerk vir institusionele oudits aangekondig het.

Submitted on Mon, 08/30/2021 - 14:58

NWU wens sy Olimpiese helde geluk

Die topplekke in enige sportsoort is slegs vir ’n paar uitgesoektes beskore: diegene wat – deur vasberadenheid – hulle talente op hulle gebied ten volle gebruik. Dit is geen maklike taak nie, en slegs ’n paar kom bo uit. Wanneer dit gebeur, is hulle prestasies daar vir die wêreld om te aanskou – en veral by die Olimpiese Spele.

Submitted on Mon, 08/30/2021 - 08:36

Liezl Gouws is gereed om haar Paralimpiese stempel af te druk

Sy het haar vasberadenheid reeds oor en oor bewys – meer as wat iemand van haar ouderdom dit behoort te doen, en Liezl Gouws is gereed om dit weer te doen. Hierdie vierdejaar-farmasiestudent van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat as vyfjarige ’n serebrale verlamming opgedoen het nadat sy ’n beroerte gekry het, gaan Suid-Afrika by die 2021 Paralimpiese Spele in Tokio, Japan verteenwoordig.

Submitted on Mon, 08/23/2021 - 11:56