NWU se uitvoerende direkteur van Studentelewe dien op die redaksie van internasionale vaktydskrif
Studentesake is ’n belangrike deel van hoër onderwys en die werk wat vakkundiges op hierdie gebied doen, is ’n noodsaaklike katalisator om ’n lewenslange, holistiese ontwikkeling van studente aan die gang te kry.