Ekonomiese herstel het maksimum ondersteuning nodig om opswaai te versterk
Die teleurstellende groeisyfer van 0,1% van die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste kwartaal van 2025, wat op 3 Junie deur StasSA vrygestel is, het as geen verrassing gekom nie, aangesien dit bloot verskeie maande van gedempte hoëfrekwensie- ekonomiese data bevestig wat op hierdie waarskynlike uitkoms gedui het.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê hoewel negatiewe wêreldwye verwikkelinge vroeër hierdie jaar ook ’n rol gespeel het, die swakker ekonomiese data reeds voor dit duidelik waargeneem is.