NWU-kundiges bepleit verbeterde sorg vir pasiënte
Twee gesondheidsorgkundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) het hulle insigte gedeel tydens ’n werkswinkel wat onlangs by die Witrand Psigiatriese Hospitaal gehou is om ’n bewustheid van gehalte en veiligheid in gesondheidsorg te skep.