Studentelewe Nuus

NWU se virtuele ekskursies inspireer superkundiges

Die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat dit meer as net ’n gewone onderwyser verg om ’n betekenisvolle bydrae in die onderwyssektor te maak – ’n superonderwyser is nodig om Suid-Afrika se jongmense te help ontwikkel, te motiveer en op te voed.

Dit is waarom die universiteit sedert 2016 met ekskursies begin…

Word ʼn taaltegnoloog en toor met programmering, tale en inligtingstelsels

Het jy geweet dat taal en rekenaarprogrammering pasmaats kan wees? Registreer nou by die Noordwes-Universiteit vir die geherkurrikuleerde driejaargraad in Taaltegnologie om die moontlikhede van dié ongewone kombinasie te ontgin.

Hierdie studierigting spesialiseer in die gebruik van…

Inentings by NWU se uitreiksentrums nader die 10 000-mylpaal

Inentings by die Noordwes-Universiteit (NWU) se uitreiksentrums in Mahikeng en Potchefstroom nader die 10 000-merk. Die getal NWU-personeel, hulle gesinne en huishulpe, asook lede van die gemeenskap, het 9 845 inentings bereik sedert die eerste inentingsveldtog wat op die naweek van 16 Julie begin…

Projekspan wil hê dat alle universiteitstudente toegang tot inheemse Afrikatale moet hê

Universiteitstudente wie se moedertaal nie Engels is nie, behoort nie benadeel te word vergeleke met dié wat Engels tuis praat nie. Dit is waarom dit belangrik is om die speelveld ten opsigte van taal gelyk te maak.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van vier tersiêre-onderwysinstellings in Suid-Afrika wat saam met drie Europese…

Hartbreek vir hoopvol Chederick

Dit het al die kenmerke van ʼn Shakespeare-tragedie, hoewel die dramaturg se besondere beeldspraak ontbreek.

Die horlosie sê dit is 11:30 en die kwik spoeg reeds vuur onder Tokio se ongenaakbare son. Of die snikhete omstandighede in die Olimpiese…

Charonike bly radio se goue meisie

Sy is die onbetwiste goue meisie van die Noordwes-Universiteit se klankgolwe, en op Vrydag 30 Julie het Charonike Nel dit weereens bewys toe sy tydens die nasionale Radiotoekennings as die Beste Kampus Ontbytprogram-aanbieder aangewys is.

Haar houvas op toekennings blyk geen einde…

NWU se Olimpiese spoedvrate in die kollig

Die Noordwes-Universiteit se drie Olimpiese spoedvrate, Chederick van Wyk, Zakhiti Nene en Pieter Conradie, is vandeesweek in Tokio se kollig wanneer die aflositems skuins voor die naweek afskop.

Van Wyk, wat aan die 4 X 100 m-item deelneem, sal Donderdag 5 Augustus in aksie wees,…

NWU-Juta-skynverhore – oorbrugging van die gaping tussen teorie en praktyk al ’n dekade lank aan die gang

Die gewilde jaarlikse NWU-Juta-skynverhoorkompetisie het op 2 Augustus sy tiende verjaardag in ’n virtuele hofsaal gevier. Dit was die eerste keer dat die hele kompetisie, van die eerste uitskakelrondtes tot by die finale rondte, aanlyn plaasgevind het.

’n Gekombineerde NWU-span van…

Steratleet Chederick praat uit Tokio  

Een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gunstelingseuns, Chederick van Wyk, bevind hom tans saam met ʼn uitgelese groep Suid-Afrikaners wat die land se vlag tydens die Olimpiese Spele in Tokio, Japan gaan swaai.

Chederick, wat aan die 4 X 100 m-aflos gaan deelneem, het ʼn tydjie ná…

NWU Eagles vlieg Tokio toe

Die ganse wêreld gaan kyk, en wat hulle gaan sien, is hoofletter-A, Arende. Die Suid-Afrikaanse span gaan eersdaags tydens die 2021 Olimpiese Spele in Tokio, Japan hul staal wys, met ʼn string Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles wat die sowat 13 500 km vlug saam gaan aandurf.

Pieter…