Studentelewe Nuus

Bekende opvoedkundige oorlede

ʼn Bekende voormalige dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde en viserektor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus, prof Dewey de Wet, is Saterdag 2 Julie in die vroeë oggendure in sy huis in Potchefstroom oorlede.

Prof de Wet het studeer aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU…

NWU se Hoof en Visekanselier sluit aan by wêreldleiers in kernwetenskap vir internasionale webinaar

Die Noordwes-Universiteit se Hoof en Visekanselier, dr Bismark Tyobeka, is deur prominente wêreldleiers in kernaangeleenthede genooi om ʼn paneellid te wees in ʼn internasionale webinaar oor die rol van kern- en radiologieveiligheid in die vreedsame gebruik van kernwetenskap en -tegnologie.

Dit gaan alles oor die ouderdom – van wyn en ook van mense

Hoe ouer wynliefhebbers is, hoe droër verkies hulle hulle wyn, en hoe langer neem dit hulle om dit wat hulle gekoop het, te drink.

Dit is twee van die bevindings van ’n onlangse studie oor die wynvoorkeure van verskillende ouderdomsgroepe wat die navorsingseenheid TREES (Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing)…

Uit die oogpunt van outisme: uitbeelding van outisme in die populêre kultuur

Die sewende nasionale Outismesimposium vind van 30 Junie tot 2 Julie 2022 op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) plaas. Die gebeurtenis laat die klem op die realiteite van mense met outisme en hulle gesinne val. Dit beloof om insiggewende perspektiewe deur kundiges op die gebied te lewer.

Die formaat…

Die Noordwes-Universiteit kondig ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter vir sy Raad aan

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op sy vergadering van 23 Junie 2022 ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter verkies.

Mnr Bert Sorgdrager, ’n gesoute regskundige met meer as 30 jaar ervaring in die privaat sektor, is as die sesde voorsitter van die NWU Raad verkies.  Mnr Obakeng Mongale, ’n ervare staatsamptenaar en…

Duwweltjiepad ontsenu nie vir Jane Fransman nie

Met elke trappie wat Tebogo tot op die verhoog klim, met elke tree wat hy oor die verhoog gee, het sy ma, Jane Fransman, se hart vinniger begin klop. Doef-doef, doef-doef. Trotse slae. Toe hy tot stilstand kom en dáár, in die ouditorium op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, sy onderwysgraad ontvang, wou sy uit haar vel bars…

NWU as Pirates-kampioen gekroon

Hulle ken net een pad: vorentoe. Hulle ken net een resultaat: wen. Die Noordwes-Universiteit (NWU) se eerste rugbyspan is op Saterdag 11 Junie in Alberton as die Goue Leeus Rugby Unie se Piratesliga-kampioen gekroon nadat hulle Wits 31–26 verslaan het.

Nie net spog die NWU nou met…

Kortleerprogram in tale beklemtoon meertaligheid

Taal oorbrug grense. Die verbind ons, inspireer ons, voed ons op en verryk ons. Dit is dié fundamentele instrument wat ons in staat stel om mekaar te leer ken. En in ’n uiteenlopende, meertalige samelewing sal daar minder grense tussen ons wees hoe meer ons mekaar se moedertale leer waardeer.

Dit is waarom die Skool vir Taalonderwys in…

BBP-syfers toon dat ekonomiese produksie feitlik weer op voorpandemievlakke is

Dit is baie bemoedigend dat die jongste baie-beter-as-verwagte syfers van die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste kwartaal van 2022 ’n verdere sterk herstel in die ekonomie toon ná die ekonomiese terugslae van die Covid-19-inperkings en die wydverspreide onrus van Julie 2021.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die…

Terseus Liebenberg as beste afrigter van afgelope drie dekades aangewys

  “Meester”. Dit is ʼn titel wat min beskore is. Top van die top, beste van die beste. Dis wanneer ʼn beroep ʼn roeping word en daarna tot ʼn kuns ontwikkel word. Terseus Liebenberg val gewis in dié kategorie.

Oor meer as drie dekades het sy kennis en vernuf atlete met talent geneem en hulle in…