Navorsingsnuus

Planetêre gemeenskapsgrond-wetgewing moet Aardstelsels beveilig

Dit is tyd om te besef en aanvaar dat ons, as ’n spesie, ’n verantwoordelikheid deel om saam te werk om al die omgewingstelsels te beveilig wat die funksionering en stand van ons planeet reguleer.

Só sê Louis Kotzé, navorsingsprofessor by die Fakulteit Regte van die Noordwes-Universiteit (NWU). Prof Kotzé het onlangs as medehoofskrywer…

Die dekade van gesonde veroudering – verantwoordelikhede en vooruitsigte vir die Afrika wat ons wil hê

Terwyl Afrika ’n vasteland met ’n snelgroeiende bevolking jong mense is, is dit noodsaaklik dat die streek aandag aan die wêreldwye agenda oor veroudering gee.

Die Verenigde Nasies het die jare 2021 tot 2030 as die “Dekade van Gesonde Veroudering” verklaar. Hierdie wêreldwye samewerking, wat met die afgelope 10 jaar van die Volhoubare…

Navorsers ontdek twee nuwe spesies bosveldaronskelke

As jy gedink het jy het al aronskelke of varkore in al hulle pragtige vorms, groottes en kleure gesien, wag daar ’n verrassing op jou: Twee nuwe spesies is onlangs ontdek in die Sekoekoeniland-bosveld, waar hierdie plante in al hulle glorie in die natuur groei.

Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) het, in samewerking met ’n…

Navorser sluit aan by topkardioloë op die SA Heart®-direksie

’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gekies om op die direksie van die Suid-Afrikaanse Hartvereniging (SA Heart®) te dien. Hy sal ook op sy uitvoerende en belanghebberkomitees dien.

Prof Ruan Kruger van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) gaan drie jaar lank op die direksie dien. “Dit is ’n baie groot eer. Die…

Prof Jonathan Calof neem sy bemarkingsinsig na ’n Mandarynse gehoor

Dit kom as geen verrassing nie wanneer ’n wêreldberoemde kundige in intelligensie en voorkennis soos prof Jonathan Calof van die Ottawa Universiteit in Kanada en buitengewone professor in die navorsingsfokusarea TRADE aan die Noordwes-Universiteit (NWU), nog ’n wêreldverhoog vind: China.

Prof Calof se boek, Gaining Market Insight from…

Tegnologie-oordrag en Innovasie-kantoor wys die weg aan vir bemagtiging van innovasie

by Vukosi Mathale

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het betekenisvolle stappe gedoen om innovasie te koester en deurbrake in navorsing te bemark.  Die NWU se Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuning-kantoor (TTIS-kantoor) staan sentraal in hierdie poging.

Die rol van TTIS is om navorsers te help om…

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Philimon Modisha is ’n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof…

Ontsluit die kulturele taal van emoji’s: ’n studie oor Facebook-emoji’s en die betekenis daarvan in Xhosa

’n Navorser by die Skool vir Kommunikasie by die Noordwes-Universiteit (NWU), dr Quatro Mgogo, het ’n studie onderneem om te ondersoek hoe Facebook-emoji’s aangewend word om die betekenis van izaci namaqhalo esiXhosa (Xhosa-spreekwoorde en -idiome) te vorm.

Die studie het ook ondersoek hoe Xhosa-sprekende Facebook-gebruikers emoji’s…

Groot eer vir ontluikende navorser

Maricélle Botes se lang reis saam met die Noordwes-Universiteit (NWU) het vrugte gedra. Hierdie finalejaar-PhD-student by die navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid is deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) met ’n toekenning vir navorsingsuitnemendheid vir die volgende geslag navorsers in die geesteswetenskappe, sosiale…

Ondersoek inheemse pedagogieë in die tog om Suid-Afrika se Eurosentriese kurrikulum te verander

Universiteitskurrikulums moet by ongemaklike gesprekke betrokke raak om hedendaagse uitdagings aan te pak, en in die afgelope paar jaar was daar ’n toenemende beweging na die dekolonisering van die onderwyskurrikulum in Suid-Afrika. Die vraag van “watter kennis het die grootste waarde”, of “wie se kennis het die meeste waarde” is die kern van…