Navorsingsnuus
Navorsing bekyk hoe interpretasie Bybellees in Afrika bepaal
Die manier waarop die Skrif gelees en geïnterpreteer word, het ’n beduidende invloed op wat mense in die Bybel lees. Dit bepaal ook hulle benadering tot kwellende en aktuele kwessies waarmee gelowiges worstel.
Dít is die fokus van prof Marius Nel, navorsingsleerstoel in Ekumenisme: Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme, se navorsing…
Middelengels wakker die verbeelding van topgegradeerde navorser aan
Prof David Scott-Macnab, met sy B2-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS), is die hoogste gegradeerde navorser wat tans in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) werksaam is.
Om ’n B2-gradering te ontvang, moes ’n akademikus ’n beduidende korpus navorsing in hoogaangeskrewe, hoë-impak-…
Meerjarige grasse is die antwoord vir die herstel van veld
In ’n waterskaarsland soos Suid-Afrika met toenemende eise vir weiding, kan gekweekte meerjarige grasse die antwoord wees op die bewaring van die veld en die verskaffing van voeding vir diere.
“Droogtes, min reën en oorbeweiding het groot degradasie van die veld veroorsaak, en dus is die herstel van die veld ’n prioriteit vir…
Projekte oor reaksie op siektes wil Suid-Afrika selfonderhoudend maak
In ’n tyd van Covid-19-tamheid word landsburgers nou met ’n selfs dodeliker en hoogs oordraagbare Delta-variant gekonfronteer. Hierdie nuwe virusmutasie het ’n impak op die reeds oorlaaide gesondheidstelsel met te min hulpbronne. Wat nog meer kommerwekkend is, is dat op dag 460 van die staat van inperking in Suid-Afrika minder as 1% van die…
Projekspan wil hê dat alle universiteitstudente toegang tot inheemse Afrikatale moet hê
Universiteitstudente wie se moedertaal nie Engels is nie, behoort nie benadeel te word vergeleke met dié wat Engels tuis praat nie. Dit is waarom dit belangrik is om die speelveld ten opsigte van taal gelyk te maak. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van vier tersiêre-onderwysinstellings in Suid-Afrika wat saam met drie Europese…
NWU benut osoontegnologie as kostedoeltreffende bestryder van Covid-19
Die Noordwes-Universiteit se navorsers en innoveerders werk aan oplossings om virusse, bakterieë en swamme, insluitende die koronavirus, op ’n groot skaal te vernietig. Namate die Covid-19-pandemie voortgaan om verwoesting te saai, is snelwerkende, laekoste-oplossings vir ontsmetting noodsaaklik om die krisis die hoof te bied. Die NWU het…
Laat die Grondwet vir straatverkopers werk
Terwyl die informele sektor honderde duisende mense uit armoede ophef, verhinder verskeie munisipale verordeninge die uitbreiding van hulle sakeondernemings, en skend in ’n mate hulle regte. ’n Navorser aan die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat ’n moontlike oplossing vir die beskerming en ontwikkeling van hierdie sektor by die Grondwet lê.…
Boomplantasies benadeel ekostelsels
Deur inheemse woude met boomplantasies te vervang, word die grond op ’n mikrobiese vlak benadeel deur ’n impak op die vrugbaarheid van die grond en die gesondheid van die planeet te hê. Dit is een van die gevolgtrekkings waartoe die Noordwes-Universiteit (NWU)-akademikus prof Olubukola Oluranti Babalola gekom het. Sy het onlangs saam met dr…
Optentia is die beste POP
Positiewe organisasiesielkunde (POP) is ’n vinniggroeiende gebied, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea is onder die top-10 in die wêreld vir publikasies en sitate op hierdie gebied. Wat meer is, die topdrie POP-navorsers het bande met Optentia, wat sedert 2002 vir “Enabling Optimal Expression of Individual, Social…
Gebruik bestuurstegnologie om die grondwetlike reg op water te verseker
Intelligente waterbestuurstegnologie kan die antwoord op sommige van Suid-Afrika se wateruitdagings wees. Dit is die mening van Nicolene Steyn, een van die jongste PhD-studente by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte, wat glo dat slimtegnologie kan help om die reg op water te verseker. Haar studie, ’n lessenaargebaseerde ondersoek…