Navorsingsnuus

NWU benut osoontegnologie as kostedoeltreffende bestryder van Covid-19

Die Noordwes-Universiteit se navorsers en innoveerders werk aan oplossings om virusse, bakterieë en swamme, insluitende die koronavirus, op ’n groot skaal te vernietig.  Namate die Covid-19-pandemie voortgaan om verwoesting te saai, is snelwerkende, laekoste-oplossings vir ontsmetting noodsaaklik om die krisis die hoof te bied. Die NWU het…

Laat die Grondwet vir straatverkopers werk

Terwyl die informele sektor honderde duisende mense uit armoede ophef, verhinder verskeie munisipale verordeninge die uitbreiding van hulle sakeondernemings, en skend in ’n mate hulle regte. ’n Navorser aan die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat ’n moontlike oplossing vir die beskerming en ontwikkeling van hierdie sektor by die Grondwet lê.…

Boomplantasies benadeel ekostelsels

Deur inheemse woude met boomplantasies te vervang, word die grond op ’n mikrobiese vlak benadeel deur ’n impak op die vrugbaarheid van die grond en die gesondheid van die planeet te hê. Dit is een van die gevolgtrekkings waartoe die Noordwes-Universiteit (NWU)-akademikus prof Olubukola Oluranti Babalola gekom het. Sy het onlangs saam met dr…

Optentia is die beste POP

Positiewe organisasiesielkunde (POP) is ’n vinniggroeiende gebied, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea is onder die top-10 in die wêreld vir publikasies en sitate op hierdie gebied. Wat meer is, die topdrie POP-navorsers het bande met Optentia, wat sedert 2002 vir “Enabling Optimal Expression of Individual, Social…

Gebruik bestuurstegnologie om die grondwetlike reg op water te verseker

Intelligente waterbestuurstegnologie kan die antwoord op sommige van Suid-Afrika se wateruitdagings wees. Dit is die mening van Nicolene Steyn, een van die jongste PhD-studente by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte, wat glo dat slimtegnologie kan help om die reg op water te verseker. Haar studie, ’n lessenaargebaseerde ondersoek…

Daar is meer aan wind- en sonkrag as elektrisiteit

Hernubare energiebronne soos son en wind het in die afgelope dekade groot veld gewen om “groen” energie aan die land se kragnetwerk te verskaf. Om selfonderhoudend te wees met die gebruik van hernubare elektrisiteit, is metodes nodig om energie te stoor, aangesien son- en windkrag natuurlikerwys fluktueer en nie konstante bronne van energie is…

Studie toon dat 45% van jong gegradueerdes meen dat hulle onderindiensgeneem is

Ná jare van die spreekwoordelike bloed, sweet en trane wat met studie gepaard gaan, kan die meeste gegradueerdes nie wag om met hulle loopbane te begin nie.  Met werkloosheid in Suid-Afrika so hoog as wat dit tans is, is dit nie altyd ’n gegewe dat jy jou droomwerk sal kry nie. Hoewel talle gekwalifiseerde gegradueerdes werk kan kry, is daar…

Liberale benadering oor die voorsiening van energie is goed vir beleggings

President Cyril Ramaphosa se aankondiging op 10 Junie oor die nuwe reëls met betrekking tot energieverskaffing in Suid-Afrika is goed vir beleggings.

Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê dat die meer…

Ons eie bewese kundige by Metafact.io

Prof Cornelie Nienaber-Rousseau word deur Metafact, ’n aanlyn platform wat wetenskaplike inligting fynkam om slegs geverifieerde feite aan hulle gehoor te lewer, as ’n bewese kundige erken. Hulle missie is om mense in kontak te bring met betroubare bewyse oor vrae wat ’n impak op hulle lewens, samelewings en die wêreld om hulle het. Cornelie…

Die toekoms van die NWU Besigheidskool – Projek Proton

Prof Jan van Romburgh het sy visie vir die NWU Besigheidskool vir die volgende vyf jaar gekoester, beplan en bepeins. Hy het onlangs sy visie in die vorm van ’n vars en innoverende metafoor – naamlik Projek Proton – gedeel. Hy het al sy kollegas, die adviesraad, en ander belangrike figure van die NWU Besigheidskool…