Drieminute-tesis toon dat minder meer kan wees

Bondige, duidelike kommunikasie is noodsaaklik in die akademiese omgewing. Dit is ’n vaardigheid wat maak dat jou navorsingsvisie gehoor word en selfs ’n beter vaardigheid om dit verstaanbaar te maak.

Hier het ons die drieminute-tesis-kompetisie (3MT-kompetisie). Die kompetisie is deur die Universiteit van Queensland ontwikkel. Meestersgraad- en doktorale studente kry drie minute om hulle tesis vir ’n lekegehoor aan te bied. Hulle moet die belangrikheid van hulle navorsing op ’n verstaanbare manier verduidelik.

Dit agt fakulteite van die Noordwes-Universiteit (NWU) het hierdie jaar teen mekaar meegeding om te sien wie die NWU by die nasionale 3MT-geleentheid gaan verteenwoordig.

Vier-en-dertig meestersgraadstudente en 58 doktorale studente het ingeskryf vir die gebeurtenis, wat op ’n fakulteits- en institusionele vlak aangebied is – waarvan laasgenoemde ’n virtuele geleentheid was. Die wenners van die onderskeie doktorale kategorieë sal voortgaan en op 29 Oktober aan die nasionale kompetisie by die Universiteit van die Vrystaat deelneem.

“Deelname aan die 3MT-kompetisie stel studente in staat om talle verskillende vaardighede soos aanbiedingvaardighede en openbare redevoering te ontwikkel, asook die vermoë om die omvang en betekenis van hulle navorsing doeltreffend aan ’n lekegehoor te verduidelik. Dit is ’n briljante manier om die studente so ver te kry om hulle gedagtes bondig saam te vat en hulle navorsing doeltreffend te kommunikeer. Hierdie vaardighede sal regdeur die student se toekomstige loopbaan waarde toevoeg,” sê Doret Kruger, senior spesialis aan die NWU se Navorsingsondersteuningsdepartement en organiseerder van die gebeurtenis.

Die doktorale wenners per fakulteit was soos volg:

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: Dr Jacqui-Lyn McIntyre-Louw vir Curbing the corruption pandemic in South Africa.

Opvoedkunde: Dr Anita Lubbe vir Cooperative learning-embedded assessment.

Ingenieurswese: Dr Chantelle Pelser vir Improved energy budgeting process using measurement and verification principles.

Geesteswetenskappe: Karabo Mohapanele vir The impact of family structures  .

Regte: Adv Marietjie van Aswegen vir Agricultural water rights trading and transfers.

Natuur- en Landbouwetenskappe: Dr Anneke Lincoln Schoeman vir Tiny parasites (not their frog hosts) answer big questions about the spread of disease.

Teologie: Sarah Piketh vir Who is my neighbour?

Submitted on Fri, 10/15/2021 - 16:33