Navorsingsnuus
NWU stel nuwe adjunk-visekanselier vir kampus in Mahikeng aan
Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens sy vergadering op 18 November vir prof Sonia Swanepoel as die nuwe adjunk-visekanselier vir Gemeenskapsbetrokkenheid en Mahikengkampusbedrywighede aangestel. Sy sal vir ’n termyn van drie jaar dien.
As ’n bedryfsielkundige het…
NWU ken eredoktorsgraad aan dr Geraldine Fraser-Moleketi toe
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het dr Geraldine Fraser-Moleketi op 19 November 2021 met ’n eredoktorsgraad vereer vir haar buitengewone bydraes tot die Suid-Afrikaanse politieke landskap en samelewing.
Dr Fraser-Moleketi het vanaf 1999 tot 2008 as Minister van Staatsdiens en Administrasie gedien…
Fakulteit Ingenieurswese se vindingrykheid ’n sleutel tot PhD-suksesse
Vindingrykheid het die wêreld opgebou, vernuf onderhou dit en ons verbeelding sal dit die toekoms in neem. Dit is duidelik uit van die interessante en belangrike PhD’s wat die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Ingenieurswese in 2021 opgelewer het.
Op die gebied van chemiese ingenieurswese het Innocentia Erdogan haar PhD vir haar…
WaterNet-span oop vir waterskeidingservarings by die NWU
Vanaf Januarie 2022 sal die sekretariaat van die streekswaternavorsingsnetwerk genaamd WaterNet as deel van ’n vyfjaarooreenkoms by die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gestasioneer wees.
Ons het met die uitvoerende bestuurshoof van WaterNet, medeprofessor Jean-Marie Kileshye Onema, gesels om ’n beter begrip te kry van…
Navorser ondersoek privaatetiket-handelsmerke in Suid-Afrika
Privaatetiket-handelsmerke het oor die afgelope paar jaar in die kleinhandelafdeling vir kruideniersware veld gewen. Hulle is nie net meer alternatiewe vir die grootnaam-handelsmerke nie, maar is vinnig besig om die voorkeurhandelsmerke te word – mits daar aandag aan die persepsies oor gehalte gegee word.
Só sê Gift Ndlovu, ’n navorser…
Kweek suksesvolle opkomende boere deur vennootskappe
Wat het opkomende boere nodig om suksesvol te wees? Dit is die vraag wat dr Faan Pelser, ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU), en prof Theuns Pelser van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Nagraadse Skool vir Besigheid en Leierskap in hulle jongste navorsingsreferaat wil probeer beantwoord.
Die referaat is getiteld “The…
Luister na die sterre
Die ruimte is nie so stil as wat dit dalk voorkom nie, en asteroseismoloë weet dit. Asteroseismologie is ’n florerende gebied met geleenthede vir studente en jong navorsers en het ’n impak op talle ander gebiede van sterrekundige navorsing.
Maar waaroor gaan asteroseismologie alles? Prof Don Kurtz, ’n A1-gegradeerde professor wat nou op…
Informele afvalinsamelaars lewer ’n geweldige bydrae tot herwinning in Suid-Afrika
Informele afvalinsamelaars in Suid-Afrika speel ’n sleutelrol in die herwinningswaardeketting, maar kry dikwels geen erkenning nie. Daar moet maniere gevind word om hulle in staat te stel om deel te neem aan besluite oor afvalbestuurspraktyke en gemeenskapsherwinningsprogramme, sê prof Derick Blaauw van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool…
Seksisme en seksuele teistering is groot uitdagings vir vroue-entrepreneurs
Hoewel entrepreneurskap sy eie uitdagings het, ervaar vroue ’n bykomende klompie struikelblokke wat uniek aan hulle is. Op papier het Suid-Afrika wonderlike geleenthede vir vroulike entrepreneurs, maar in werklikheid affekteer talle ekonomiese, maatskaplike en kulturele struikelblokke vroue en hulle ondernemings.
Volgens ’n studie wat…
Drieminute-tesis toon dat minder meer kan wees
Bondige, duidelike kommunikasie is noodsaaklik in die akademiese omgewing. Dit is ’n vaardigheid wat maak dat jou navorsingsvisie gehoor word en selfs ’n beter vaardigheid om dit verstaanbaar te maak.
Hier het ons die drieminute-tesis-kompetisie (3MT-kompetisie). Die kompetisie is…