Teologie vir die wêreld

Diversiteit is die begronding van die Noordwes-Universiteit (NWU) en geloof is ’n steunpilaar vir talle by die NWU en vir biljoene mense regoor die wêreld. Die Fakulteit Teologie het weer eens getoon dat diversiteit en geloof goed saamgaan deur buitengewone PhD’s by die eerste PhD-gradeplegtigheid van 2021 toe te ken.

Moses Banungwiiri, wat van die klein dorpie Takpo in die boonste westelike deel van Ghana afkomstig is, is ’n predikant wat sy tesis oor “Marriage and family life: the view of marriage, divorce and remarriage among the Christian Dagaaba in the Upper West Region of Ghana – an ethical theological corrective” geskryf het. Dr Banungwiiri ontleed daarin die Bybelse opdragte oor die huwelik, egskeiding en hertroue ten opsigte van die Dagaabas.

Douglas Campbell van Edinburgh, Skotland het sy PhD ontvang vir sy tesis “Sharing in Christ’s Glory: a study of Doxa in 1 Peter”, terwyl Jose Leonardo Cruz van El Salvador ’n bydrae tot die uiteenlopende groep PhD-gegradueerdes gelewer het. Jose wat in San Salvador gebore is, se tesis handel oor “The impact of honour and shame on the decision-making process of multicultural church painting themes in Turkey”.  

Ghislaine Ntamushigo Gurhahoza van die Demokratiese Republiek van die Kongo het met haar tesis, “The conception of the Imago Dei and its impact on female leadership: a critical reflection of Christian feminism in the Democratic Republic of Congo”, feministiese temas aangeraak.

Kyle Grey Johnston het vanuit die koue noorde van Kanada sy tesis oor “A proposed biblical counselling supervision model aimed at promoting the multidimensional development of the biblical counsellor” geskryf. Kihwan Kwon van Suid-Korea het die volgende gepubliseer: “Preparing Korean missionaries for cultural adaptation: a pastoral-theological model, Carl Martin – a son of Pennsylvania in the USA – The identification of new exodus themes in John 13-17”.

Weer eens uit Ghana is daar Shadrach Paa Kwesi Tano Ofosuware met sy tesis “A theological evaluation of the ethics of customary marriage in the Ghanaian Christian charismatic churches in London”, en Marjorie Smith van Namibië met ’n tesis in Afrikaans: “Vooraftrede-begeleiding binne die plaaslike gemeente: ’n pastorale studie”.

Die laaste van ons buitelandse navorsers is Simon Spikin van Berkshire in die Verenigde Koninkryk. Sy tesis is getiteld “The Influence of the San Damiano Crucifix on the spirituality of St Francis of Assisi: a critique of relevant literature”.   

Dit is temas wat die wêreld beskou en ontleed, alles binne die raamwerk van akademiese inspanning en kreatiwiteit.

Die NWU is moontlik aan die heel suidste punt van Afrika geleë, maar dit is ’n toegangspunt vir akademici in teologie na en vanaf die res van die wêreld.

Submitted on Mon, 09/20/2021 - 11:34