Fakulteit Ingenieurswese se vindingrykheid ’n sleutel tot PhD-suksesse

Vindingrykheid het die wêreld opgebou, vernuf onderhou dit en ons verbeelding sal dit die toekoms in neem. Dit is duidelik uit van die interessante en belangrike PhD’s wat die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Ingenieurswese in 2021 opgelewer het.

Op die gebied van chemiese ingenieurswese het Innocentia Erdogan haar PhD vir haar tesis “Species dispersion from a closed Namaqualand metalliferous mine into water sources, South Africa” ontvang.

Sy het die potensiaal geëvalueer vir die verspreiding van gevaarlike kontaminante vanaf die metaalhoudende myn in O’Kiep, Namakwaland, Suid-Afrika, en het die potensiale bedreiging ondersoek wat hierdie kontaminante vir menslike en omgewingsgesondheid – insluitende deur grondwaterbesoedeling – inhou.

Met die immertoenemende klem op die beskerming van ons omgewing, is dit navorsing soos dié van Innocentia wat die deurslag in ons stryd teen besoedeling sal gee.

Johannes Jacobs het ook op die mynbedryf gefokus. In sy tesis, “Failure prediction of critical mine machinery”, het Johannes ’n nuwe voorspellingsmodel vir faling ontwikkel deur ’n unieke kombinasie van bestaande ingenieursgereedskap vir betroubaarheid te gebruik. Johannes is gebore in Randfontein, wat in die middel van Suid-Afrika se mynbedryfkern geleë is.

Ons verlaat nog nie die wêreld van diep skagte, edelmetale en uitskotdamme nie. Middelburg se Chantelle Pelser het ’n manier ontwerp vir myne om beter voorspellings oor energieverbruik te maak. Die titel van haar tesis is “Improved energy budgeting process for mines using measurement and verification principles”.

Sarita Greyling se teses, “Graph-based fault detection for a gas-to-liquids process: an exergy approach” het hierdie vakkundige, wat in die klein dorpie Dordrecht in die Oos-Kaap gebore is, ’n bona fide elektriese en elektroniese ingenieurster gemaak.

Dieselfde geld vir Brandon Peterson, wie se tesis, “A discriminative approach to harmonic emission assessment”, bewys dat die gebied van elektriese ingenieurswese oneindige moontlikhede het om te ondersoek.

Wanneer ons aan ingenieurswese dink, kan ons dink aan die reuse van weleer, soos Isambard Kingdom Brunel, een van die beste ingenieurs van die 19de eeu, wat die wêreld wou verander, en daarin geslaag het. 

Namate die baanbrekerstudies van die NWU se ingenieurstudente voortgaan om die hoofopskrifte te haal en die kennis op hulle onderskeie gebiede uit te brei, gaan ons wêreld voort om deur middel van die wetenskap gevorm te word. In ons tydvak is dit gelukkig meer dikwels ten goede.

Submitted on Wed, 10/27/2021 - 10:29