News

Doel! Nuwe visie vir jong vroulike netbalspelers

’n Sportsigprogram kan visuele en motoriese vaardighede by jong netbalspelers beduidend verbeter. Dit is volgens die navorsingsbevindings van prof Dané Coetzee van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en haar navorsingsvennoot, dr Elna van der Merwe.

Hulle navorsingsartikel getiteld…

Spelifikasie bevorder lojaliteit vir Suid-Afrika se modekleinhandel

Suid-Afrika se modekleinhandelbedryf ervaar ’n verskuiwing namate spelifikasie as ’n kragtige instrument na vore kom om kliëntelojaliteit, hulle behoud en herhaalde gebruik van hulle handelsmerk te verbeter.

Kleinhandelaars gebruik tans spelifikasie-ervarings in ’n toenemend mededingende digitale omgewing om kliënte betrokke te kry. ’n…

Suid-Afrika sal in die lig van die Trump-oorwinning sy ekonomiese diplomasie moet herdefinieer

Die deurslaggewende en besliste uitkoms van die geskiedkundige verkiesing in die Verenigde State (VSA) om beheer van die Withuis en die Kongres het omvattende implikasies vir die VSA se ekonomie asook vir die res van die wêreld.

In sy kommentaar oor die uitkoms van die kritieke 2024 VSA-verkiesing sê prof Raymond Parsons, ekonoom van…

Jongste MTBBV skets ’n nuwe beskouing van ekonomiese rigting

In die lig van die fyn begrotingslyn wat steeds bewaar moet word deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, kom die eerste Mediumtermynbegroting-beleidsverklaring (MTBBV) van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) oor as ’n pragmatiese, realistiese en geloofwaardige strategie om Suid-Afrika se uitdagings van lae ekonomiese groei en…

Innoverende oplossings aan die orde van die dag by die SCSIS se projekvoorleggingsdag vir honneursgraadstudente

Die Skool vir Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels (SCSIS) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het op 10 Oktober 2024 sy jaarlikse projekvoorleggingsdag vir honneursgraadstudente by die The Roots-venue in Potchefstroom gehou. Die geleentheid het die innoverende projekte en navorsing vertoon wat deur die skool se 32…

NWU doen baanbrekerswerk in die rol van gemeenskapsbetrokkenheid deur innoverende navorsing

Die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan voort om sy verpligting gestand te doen om gemeenskapsbetrokkenheid deur innoverende navorsingsmetodologieë te bevorder.  

Hierdie verbintenis is…

NWU en Tswelelopele Empowerment-stigting span saam vir opvoedkundige opheffing

Die Skool vir Filosofie in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het met die Tswelelopele Empowerment-stigting saamgespan in ’n lofwaardige poging om maatskaplike kwessies die hoof te bied en die lewenstandaard in die Barolong Boo Mariba-…

Navorsing ondersoek die behoefte aan ’n streeksbeleid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

Die skepping en uitvoering van supranasionale streeksbeleide is ’n kritieke eerste stap om streke voor te berei om kernspelers op die wêreldwye verhoog te word. Die doel van sulke beleide is om ’n streek se basis te moderniseer en te herstruktureer, en volhoubare ontwikkeling oor grense heen te bevorder en aandag aan ekonomiese en maatskaplike…

Beter ondersteuning vir psigiatriese verpleegkundiges beteken beter geestesgesondheidsorg

Verbeterings in die ondersteuningstelsels vir psigiatriese verpleegkundiges in die Noordwesprovinsie sal ’n direkte impak op die gehalte van die sorg vir kinders met geestesgesondheidsprobleme hê.

Dit is een van die bevindings van ’n onlangse studie wat deur dr Rorisang Machailo, ’n akademikus by die Skool vir Verpleegkunde aan die…

Die vervanging van antibiotika in hoendervoer met fulviensuur kan boere en verbruikers tevrede stel

Hoenderboere in minderbevoorregte gemeenskappe sukkel om voerkoste laag te hou terwyl hulle in die toenemende verbruikersvraag moet voorsien. ’n Meestersgraadstudent van die NWU het ’n potensiële wen-wen-oplossing ondersoek.

Keamogetswe Constance Mokubung het onlangs haar meestersgraad in dierewetenskap onder leiding van prof Upenyu…