’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) het haar navorsing gewy aan die bevordering van perinatale geestesgesondheid in Afrika.
Dr Patience Kovane, senior lektor en navorsingskoördineerder by die navorsingsfokusarea vir Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (NuMIQ) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sê haar missie is om die geestesgesondheid van vroue, veral diegene in ’n lae- en middelinkomste-opset, te bevorder.
“Talle vroue is onbewus daarvan dat hulle ’n geestesiekte het omdat mense dit gewoonlik as perinatale bedruktheid afmaak. Dit is belangrik om op ’n vroeë stadium reeds geestesgesondheidsiektes in die perinatale tydperk te erken en te evalueer,” verduidelik sy.
Kyk na die video hieronder om meer oor haar navorsing en haar belangrike werk uit te vind.