Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy uitmuntende personeel beloon tydens die jaarlikse NWU Uitnemendheidstoekenningseremonie, wat op 21 November in Potchefstroom plaasgevind het.
Meer as 130 personeellede het erkenning ontvang vir hulle uitmuntende bydraes in onderskeidelik onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en innovasie.
Prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier, het die ontvangers gelukgewens. “Ons vereer die toegewyde en hardwerkende kollegas regoor ons fakulteite en kampusse vir hulle baanbrekernavorsing, innoverende onderrig en gemeenskapsbetrokkenheid wat ’n impak maak, wat alles noodsaaklike pilare van ons missie is om akademiese uitnemendheid met maatskaplike impak te verbind.”
Hy sê die toekennings demonstreer die verbintenis van die NWU-personeel wat opvoeding as ’n brug beskou na die gemeenskappe wat deur die universiteit bedien word, en verleen erkenning daaraan dat die NWU die mag het om ’n blywende verskil aan die mensdom en die planeet te maak.
“Hierdie erkennings is ’n oproep aan ons almal by die NWU om voort te gaan om ’n etos van gemeenskapsgesentreerde uitnemendheid te bevorder. Ons moet geïnspireer word deur hierdie merkwaardige bydraes om ons verbintenis tot betrokkenheid te versterk, en ons akademiese werk al hoe meer relevant en impakvol te maak, soos dit duidelik in ons strategiedokument, Neem die NWU vorentoe: 2024 en daarna, uitgespel word.”
NWU vier die heel bestes in onderrig en leer
Die universiteit het toonaangewende dosente van regoor die fakulteite in sewe kategorieë vir hulle werk vereer omdat hulle onderrig en leer deurlopend op uitmuntende vlakke gehandhaaf het.
Hierdie jaar se ontvangers van die University Teaching Excellence Award (UTEA) was prof Lida Holtzhausen van die Fakulteit Geesteswetenskappe en prof De Wet Wolmarans van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.
Adri Olivier (Fakulteit Opvoedkunde) en prof Lynndle Square (Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) het elkeen ’n Innovation in Teaching and Learning Award ontvang. Elizma Visagie van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe was die ontvanger van die Teaching with Information and Communication Technology Award.
Ontvangers van die Novice Teacher Award het Vernique Diedericks (Fakulteit Opvoedkunde vir beste portefeulje), Cila Botha (Fakulteit Ingenieurswese), Sheurl Davis-Esterhuizen (Fakulteit Teologie), Thomas Erlank (Fakulteit Geesteswetenskappe), dr Rosa Modiba (Fakulteit Opvoedkunde), dr Zukile Ngqeza (Fakulteit Teologie), en Nomfundo Sibiya (Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) ingesluit.
Die Blended Teaching Award het aan dr Annamagriet de Wet van die Fakulteit Opvoedkunde gegaan.
Die Team Teaching Award is toegeken aan dr Christiaan Bekker, dr Christo Bisschoff, prof Christmal Christmals, prof Yolande Heymans, dr Anitia Lubbe en prof Jessica Pool, almal van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.
Personeel word vir uitmuntendheid in gemeenskapsbetrokkenheid vereer
Vyf kampioenevoorstanders van gemeenskapsbetrokkenheid is in vier kategorieë vereer. Lemogang Masethe van Bemarking en Studentewerwing het die Engaged Teaching and Learning Award vir haar werk in die Ikateleng-projek ontvang. Dr Benita Taylor (Fakulteit Gesondheidswetenskappe) is vereer met ’n Engaged Research and Innovation Award vir haar werk aan die Bafenyi-projek, met Jéan-Pierre van Deventer van die Fakulteit Ingenieurswese wat die Novice Award in hierdie kategorie vir sy werk aan STRIDE ontvang het.
Prof Janelize Morelli (Fakulteit Geesteswetenskappe) was die ontvanger van die Scholarship of Engagement Award vir die Musikhane-gemeenskapsmusiek-betrokkenheidsprogram, en Bathandekile Myeni (Fakulteit Geesteswetenskappe) het die Discipline-based Outreach Award vir die Skool vir Musiek se voedselbank ontvang.
Om meer oor die NWU se gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte te lees, besoek: https://services.nwu.ac.za/sustainability-community-impact
Navorsers skitter deur kundigheid
Prof Anita Pienaar van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is met die Lifetime Achievement Award vereer. Haar kundigheid lê in die longitudinale analise van gesondheid, groei, fisieke aktiwiteit en fiksheid by kinders. Sy fokus ook op die aanbiedingskenmerke van motoriese ontwikkeling en motoriese bekwaamheid by kinders en die verbetering van motoriese probleme by kinders met verskillende behoeftes in die ouderdomsgroep 0 tot 13 jaar.
Prof Gabila Nubong van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe was die NWU se Most Productive Senior Researcher, met prof Howard Chitimira (Fakulteit Regte) en prof Anél Petzer (Fakulteit Gesondheidswetenskappe) onderskeidelik tweede en derde.
Die Most Productive Emerging Researcher Award het gegaan aan dr Chantel Muller van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Prof Oliver Fuo (Fakulteit Regte), prof Rose Hayeshi (Fakulteit Gesondheidswetenskappe), en dr Fortunate Phaka (Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) het erkenning ontvang vir hulle nasionale en internasionale lidmaatskappe.
Die Top Inventor Award het gegaan aan prof Byron Bunt en dr Lance Bunt onderskeidelik van die Fakulteit Opvoedkunde en die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.
Prof Erica Derbyshire (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) en prof Byron Bunt (Fakulteit Opvoedkunde) het onderskeidelik die Innovation Impact Award en die Creative Output Award ontvang.
Die Visekanseliersmedalje het aan Inge Delport (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) en Nicola Royce (Fakulteit Gesondheidswetenskappe) gegaan. Jonathan Stephanus Troskie van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die S2A3 bronsmedalje ontvang.
Fakulteitsonderrigtoekennings verleen erkenning aan onderriguitnemendheid
Die jaarlikse fakulteitsonderrigtoekennings – een van die NWU se vlagskipinisiatiewe – vereer uitmuntende dosente regoor die universiteit se agt akademiese fakulteite. Hierdie inisiatief, wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer in samewerking met die fakulteite gereël word, beklemtoon die NWU se verbintenis om ’n omgewing te kweek waar onderrig en leer floreer.
Vroeër hierdie maand is 49 buitengewone akademici as universiteitsdosente deur hulle onderskeie fakulteite met die fakulteitsonderrigtoekennings vereer. Hierdie ontvangers verteenwoordig die toppunt van toewyding en gehalte in onderrig, en ons is trots om hulle harde werk en toewyding te erken. Om hierdie prestasie verder te vier, is ’n aankondigingsvideo geskep om die wenners van die fakulteitsonderrigtoekennings te vereer en hulde aan hulle bydraes tot die universiteit se onderrig- en leerlandskap te bring.
Die 2024-toekennings het die toewyding en samewerking getoon van verskillende belanghebbers wat tot die program se sukses bygedra het. Ons spreek ons hartlike dank uit teenoor die kantoor van die adjunkdekaan vir Onderrig en Leer, die koördineerders wat deur die fakulteite aangestel is, akademiese ontwikkelaars, eksterne bydraers, verskaffers van hulpbronne, administrateurs, en die onderrigtoekennings se werkgroep en evalueringspanele binne fakulteite. Hulle gesamentlike pogings het ’n lewendige en lonende proses verseker en die universiteit se verbintenis tot uitnemendheid in onderwys weerspieël.
Vir die volledige lys wenners besoek: https://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-news/electronic_newsletters/From-VC/2024/VCExcellence-awards-2024F.html