Die korporatiewe publikasies van die Noordwes-Universiteit (NWU) het uitgeblink in vanjaar se Suid-Afrikaanse Publikasieforum- en Bemarking, Bevordering en Kommunikasie in Onderwys (MACE)-kompetisies.
Dit is ʼn trotse prestasie vir die Universiteit in sy strewe na uitnemendheid.
Twaalf toekennings van die Suid-Afrikaanse Publikasieforum
Benewens twee sertifikate van uitnemendheid, twee wenne, ʼn naaswennerposisie, en twee eervolle vermeldings, het die Universiteit se korporatiewe publikasies ook vyf finaliste in vier kategorieë opgelewer.
In hierdie kompetisie het die NWU meegeding teen groot korporatiewe instansies soos Sanlam, Standard Bank en Stad Kaapstad. Die uitslae van hierdie kompetisie is op 20 November 2024 aanlyn bekendgemaak.
Die NWU het ʼn eerste plek behaal in die kategorie Beste Voorbladontwerp met die Desember 2023-uitgawe van sy personeelnuusbrief, life@NWU, en die September 2023- en die Mei 2024-uitgawes van die alumni-tydskrif, NWU&U, het die eerste plek gedeel in die Interaktiewe Digitale Publikasie-kategorie. Die July 2023 en April 2024 uitgawes van die life@NWU was beide in derde plek in die kategorie Interaktiewe Digitale Publikasies.
Die life@NWU Desember 2023-uitgawe en die NWU&U Mei 2024-uitgawe het die universiteitsertifikate van uitnemendheid in onderskeidelik die kategorieë Uitnemendheid in Ontwerp en Uitnemendheid in Kommunikasie ontvang.
Die NWU&U Mei 2024-uitgawe, die Research@NWU Junie 2024 en Julie 2024-uitgawes, die NWU Geïntegreerde Jaarverslag vir 2022 (webgebaseerde weergawe), en die NWU Geïntegreerde Jaarverslag vir 2022 (digitale weergawe) was finaliste in hul onderskeie kategorieë. Slegs publikasies met ʼn gemiddelde gradering van 75% en hoër kry erkenning as finaliste.
Die Desember 2023-uitgawe van life@NWU het twee eervolle vermeldings ontvang vir Mees Verbeterde Publikasie en Mees Verbeterde Publikasie in Ontwerp.
NWU skitter by MACE met 15 toekennings
Dit was nie net in die SA Publikasieforum-kompetisie dat die NWU se korporatiewe publikasies uitgeblink het nie. Hulle het ook geskitter by vanjaar se Bemarking, Bevordering en Kommunikasie in Onderwys-uitnemendheidstoekennings, wat op 28 November by die Eureka Estate in Durbanville gehou is.
Die NWU het 15 toekennings by die geleentheid gewen, insluitend een platinum-, nege silwer- en vyf bronstoekennings. Nelia Engelbrecht, redakteur van verskeie NWU-publikasies insluitend life@NWU, Korporatiewe Profiel en NWU&U, het ʼn eervolle vermelding ontvang vir haar bydrae en uitnemendheid op die gebied van korporatiewe publikasies.
By die 2024 MACE-toekennings het die NWU ʼn platinumtoekenning as kategoriewenner ontvang ter erkenning van uitstaande prestasie onder hoëronderwyspraktisyns vir die April 2024-uitgawe van life@NWU. Die toekennings is gemaak in die kategorie skryfwerk vir rolprente, dokumentêre en brosjures. Slegs drie platinumtoekennings is tydens die geleentheid oorhandig.
Die NWU het Silwer Toekennings van Uitnemendheid vir die volgende inskrywings ontvang: life@NWU Julie 2023-uitgawe (in die kategorie Skryfwerk vir Rolprente, Dokumentêre en Brosjures en ook in die kategorie Ontwerp vir Digitale Kanale); die PDF-weergawe van die NWU se Geïntegreerde Verslag 2022 (in die kategorie Ontwerp vir Digitale Kanale, en ook in die kategorie Skryfwerk vir Rolprente, Dokumentêre en Brosjures); NWU&U Mei 2024-uitgawe (in die kategorie Skryfwerk vir Rolprente, Dokumentêre en Brosjures en ook in die kategorie Ontwerp vir Digitale Kanale); en die NWU&U September 2023-uitgawe (in die kategorie Ontwerp vir Digitale Kanale en ook in die kategorie Skryfwerk vir Rolprente, Dokumentêre en Brosjures).
Die NWU se dekking van die Rassie Erasmus-eredoktorsgraad het ook ʼn Silwer Toekenning van Uitnemendheid in die Mediakategorie vir Enkel- en Meerdaggeleenthede ontvang.
Die Universiteit het vyf Bronstoekennings van Uitnemendheid gewen vir onderskeidelik die life@NWU Julie 2023-uitgawe (kategorie Ontwerp vir Digitale Kanale), die webgebaseerde weergawe van die NWU se Geïntegreerde Verslag 2022 (Ontwerp vir Digitale Kanale-kategorie en in die Skryfwerk vir Rolprente, Dokumentêre en Brosjures-kategorie), Research@NWU (Ontwerp vir Digitale Kanale-kategorie en die Skryfwerk vir Rolprente, Dokumentêre en Brosjures-kategorie).