News

Orgideë oral toe die biblioteek lente met bekroonde botaniese kuns vier

Die lente breek in September aan en ’n spesiale uitstalling van ongelooflike kuns ter ere van die nuwe seisoen versier die mure van die Ferdinand Postma Biblioteek op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Kunswerke van blomme is oral te sien. Nie van die algemene of gewone tuinblomme nie, maar van Suid-Afrika se…

Vakkundige met die gesogte Jan H Marais-prys vereer

Prof Wannie Carstens, ’n begaafde vakkundige in Afrikaans aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is onlangs met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Jan H Marais-prys vir sy uitmuntende akademiese werk in Afrikaans vereer.

Die oorhandigingseremonie van hierdie gesogte prys het by die Webersburg-plaas in Stellenbosch…

’n Tegnologie-oordragspesialis beklemtoon die rol van TTO’s by SARIMA 2024-konferensie

Mnr Ntiyiso Shabangu, ’n tegnologie-oordragspesialis by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor), het by die Suider-Afrikaanse Navorsing en Innovasiebestuursvereniging (SARIMA) se konferensie in Maputo, Mosambiek, die belangrike rol beklemtoon van tegnologie-oordragkantore (TTO’s)…

“Monsters, Mites & Fabels”-uitstalling vertoon studentekurators se groei en leer

Die ViNCO-navorsingsentiteit (Visuele Narratiewe en Kreatiewe Uitsette-navorsingsentiteit) by die Noordwes-Universiteit (NWU), ’n gemeenskaplike onderneming wat kreatiewe praktisyns insluit, het ’n uitstalling getiteld “Monsters, Mites & Fabels” geskep met die doel om hulle lede se kreatiewe en kunstige pogings te bevorder. ’n Totaal van 14…

POLOKELO open nuwe deure vir Afrikatale

Opvoeding hef op, dit verryk lewens, en dit skep geleenthede. Taal behoort nie ’n hindernis te wees wanneer daar toegang verkry moet word tot onderwys van die hoogste gehalte nie, en hier speel die POLOKELO-projek van die Taaldirektoraat van die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n leidende rol in die bevordering van Afrikatale in akademiese kringe…

NWU se uitvoerende direkteur van Studentelewe dien op die redaksie van internasionale vaktydskrif

Studentesake is ’n belangrike deel van hoër onderwys en die werk wat vakkundiges op hierdie gebied doen, is ’n noodsaaklike katalisator om ’n lewenslange, holistiese ontwikkeling van studente aan die gang te kry.

Een van die mees gesaghebbende platforms op die wêreldwye verhoog van studentesake is die Journal of Student Affairs Research…

NWU bied deurslaggewende leierskap oor voeding in Malawi aan

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is vasbeslote om in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte ’n deurslaggewende rol op die Afrika-vasteland te speel.

’n Uitstekende voorbeeld hiervan is die African Nutrition Leadership Programme (ANLP) van die Sentrum van Uitnemendheid in Voeding (CEN) by die NWU, wat…

RNE moet belangrike groei-vriendelike hervormings versnel om BBP-syfers te verbeter

 “Ná die hersiene nul-groeivlak (0,0%) in die eerste kwartaal van 2024 is die beter nuus dat die reële bruto binnelandse produk (BBP) in Suid-Afrika in die tweede kwartaal van 2024 met ’n beskeie 0,4% gegroei het.”

In sy kommentaar oor die BBP-syfers vir die tweede kwartaal wat Statistiek SA op 3 September vrygestel het, sê prof Raymond…

Hou op nies: navorsers doen gratis velpriktoetse op twee kampusse

Dit is lente en met al die aangenaamheid wat met die warmer weer en sonniger dae gepaard gaan, is daar ook vir talle mense ’n groot uitdaging : allergieë van die massas stuifmeel wat blomme, bome en gras vrystel en wat deur die wind oor groot afstande versprei word.

Stuifmeelallergieë kan ernstige gesondheidsimplikasies inhou vir mense…

Openbare lesing: ''Land, Land Reform and (Re)membering our Relationship with land''

Die Bevolking en Gesondheid-navorsingsentiteit by die Noordwes-Universiteit (NWU) was op Woensdag 28 Augustus 2024 die gasheer vir ’n openbare lesing wat deur dr Jackson Sebola-Samanyanga, senior lektor in die Departement van Stads- en Streeksbeplanning aan die Universiteit van Pretoria, aangebied is. Die geleentheid is op die Mahikengkampus…