News

BBP-groeisyfers beklemtoon die dringendheid van die implementering van groeivriendelike ekonomiese hervormings

Die onverwagte en teleurstellende groeisyfers van die bruto binnelandse produk (BBP) vir die derde kwartaal van 2024 bevestig die mate waartoe Suid-Afrika se groeivooruitsigte steeds kwesbaar bly vir negatiewe faktore soos ongunstige weerstoestande, swakker uitvoere en ander remmende faktore.

In sy kommentaar oor die vrystelling deur…

Prof Elsa sit haar lewenslange reis voort om selfgerigte leer te bevorder

Selfgerigte leer kan die leerproses aangenamer maak en studente in staat stel om die leerervaring te verpersoonlik, wat bemagtig en motiverend is.

Prof Elsa Mentz, direkteur van die Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer van die Noordwes-Universiteit (NWU), is ʼn ware kampvegter vir selfgerigte leer in hoër- en skoolonderwys. Sy glo vas…

Noordwes-Universiteit op die voorpunt van landbou-innovasie

Gewasproduksie in Suid-Afrika lê in die skadu van stormwolke, en nie die tipe waarna boere smag nie. ʼn Swetterjoel onsekerhede span saam om die vooruitsigte vir die land se gewasboere te verduister, wat klimaatsverandering, waterskaarste, gronddegradasie, siektes, ekonomiese onstabiliteit sowel as infrastruktuur- en energiebeperkinge insluit.…

Goeie nuus vir rentekoerse namate 2024 tot ’n einde loop

Dit is goeie nuus vir besighede en verbruikers dat die repokoers op 21 November eenparig met 25 basispunte (bps) verlaag is.

In sy kommentaar op die jongste verslag van die Monetêre Beleidskomitee (MBK) om weer eens die repokoers met 25 basispunte (bps) te verlaag, sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU)…

Uitnemendheidstoekennings gee erkenning aan personeel wat in hulle kundigheidsgebiede uitblink

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy uitmuntende personeel beloon tydens die jaarlikse NWU Uitnemendheidstoekenningseremonie, wat op 21 November in Potchefstroom plaasgevind het.

Meer as 130 personeellede het erkenning ontvang vir hulle uitmuntende bydraes in onderskeidelik onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en…

Die effek van chroniese medikasie verdwyn in die rook

Mediese kundiges stem saam dat rook ’n gesondheidsgevaar is, maar talle rokers regverdig hierdie gewoonte deur te beklemtoon hoe kalmerend en sosiaal dit kan wees. Sommige rokers van plante soos dagga wys ook op die mediese voordele wat sommige studies getoon het.

’n Nuwe studie by die Noordwes-Universiteit (NWU) daag egter die rokers…

Watter produkaanduidings beïnvloed verbruikers se waargenome waarde van varkvleis?

Die eet van varkvleisprodukte neem toe as gevolg van die bekostigbaarheid, veelsydigheid en hoë proteïeninhoud van die vleis.

’n Noordwes-Universiteit (NWU) navorsingsprojek van die Verbruikerswetenskappe-vakgroep in die Skool vir Toegepaste Gesondheidswetenskappe fokus op aanduidings rakende voedselprodukte (sensoriese en niesensoriese…

Gebruik van Afrika-plante en inheemse kennis in die bestuur van diabetes

Navorsing van die Noordwes-Universiteit (NWU) en vennootinstellings het die rol beklemtoon van Afrika-plante en inheemse kennis in die bestuur van diabetes mellitus, ’n chroniese en potensieel dodelike metaboliese siekte wat miljoene mense wêreldwyd aantas. 

Die studie, wat in die vaktydskrif Diabetology gepubliseer is, verduidelik…

Perinatale geestesgesondheid is van die grootste belang vir beter uitkomste vir gesinne

’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) het haar navorsing gewy aan die bevordering van perinatale geestesgesondheid in Afrika.

Dr Patience Kovane, senior lektor en navorsingskoördineerder by die navorsingsfokusarea vir Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (NuMIQ) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sê haar missie is om…

Navorsing fokus op middelmisbruik en verbeterde geestesgesondheidsorg

Prof Leepile Alfred Sehularo se navorsing oor geestesgesondheid en middelmisbruik het uitgeloop op die ontwikkeling van ’n program wat ontwerp is om volwassenes sowel as leerders te ondersteun en fokus veral op die misbruik van onwettige middels in Noordwes.

Hy is die direkteur van die navorsingsnisarea vir Leefstylsiektes in…