News

Kaptein Christa Ramasimong se wêreldbeker-vuurdoop

Bertie Jacobs

Wanneer talent en vasberadenheid saamspan, word geskiedenis gemaak. Die Noordwes-Universiteit (NWU) het vanaf 1 tot 12 April die heel eerste hokkiewêreldbeker onder die vaandel van die sport se wêreldreguleringsliggaam, die Fédération…

Uitblinker Adele hardloop skitterende Twee Oseane

Bertie Jacobs

Die San Gabriel-berge, met spikkels sneeu op die hange en ’n wit sneeukombers op die pieke, kan in die winter vanaf die stad Rancho Cucamonga in Kalifornië gesien word. Die musikant Jake Hamilton is in 1979 daar gebore.   

Uitspeelrondte net buite bereik van die Eagles

Bertie Jacobs

Dapper poging. ʼn Baie dapper poging, manne. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het só naby daaraan gekom om die Varsitybeker-uitspeelrondte te haal nadat hulle Wits op ’n sopnat Fanie du Toit-sportveld met 31–3 op Maandag 11 April geklop het…

FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker ’n groot sukses

Bertie Jacobs

Nederland het gewen, maar hokkie was die oorwinnaar. Toe die eindfluitjie op Dinsdag 12 April geblaas het, was dit die Nederlandse ondersteuners wat gejuig het en die oranjegeklede spelers wat van vreugde gedans het omdat hulle Duitsland oortuigend met 3–1 gewen het in…

Nuwe toekenning om wêreldwye siekte hok te slaan

Bertie Jacobs

Malaria is ’n dodelike siekte wat wêreldwyd voorkom, en menselewens en die ekonomieë vernietig van die lande waar dit floreer.

Volgens die jongste syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) was daar in…

Nieverwisselbare bewyse: Waarom al hierdie opgewondenheid?

Bertie Jacobs

’n Nuwe akroniem het ons woordeskat betree: NFT. NFT staan vir non-fungible token – ’n nieverwisselbare bewys – wat op sigself nie veel sê nie. Wat NFT’s is, is geld. Groot geld. En dit is besig om die wêreld van digitale handel te verander.

Eerstens beteken onvervangbaar dat die item nie…

Siggestremde Cornelle en haar gidshond kry graad.

Bertie Jacobs

“‘Vogue’, soos die tydskrif,” beskryf die 22-jarige Cornelle Leach haar pikswart Labradortefie se naam. Vogue, wat nou die dag geesdriftig vir haar eerste skilpad in die Botaniese Tuin geblaf het. Vyfjarige Vogue wat ʼn jong seuntjie se roomys onlangs uit sy hand gegryp en…

NWU-fietsryer meester van die baan

Die direkteur van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit (NWU), prof Pieter Kruger, het sy kennis van sportwetenskap en prestasiesielkunde op ’n briljante wyse toegepas deur die 20 km-punteresies tydens die Suid-Afrikaanse Baanfietsrykampioenskap by die Bellville-…

Eagles hou halfeind-deur oop

Bertie Jacobs

Jinne, dit gaan verdeksels naby wees. Die NWU Eagles het Maandagaand 4 April in ʼn papsopnat Bloemfontein hulle uitspeelronde-hoop aan die brand gehou deur die CUT Ixias met 33–14 te klop.

Dit was ʼn gepaste…

SADiLaR en NWU stel die Digitale Humaniora Oop Opvoedkundige Hulpbronne se Kampioene-inisiatief bekend

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) en die UNESCO-leerstoel vir Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne (OOH) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het tans hulle eerste inname by hulle Kampioene-inisiatief van Digitale Humaniora (DH) OOH.

Volgens prof Jako Olivier, NWU UNESCO-leerstoel vir…