NWU se oorsigbesoek: kampustoer en bespreking van strategiese onderwerpe

Maandag 27 Januarie 2025 was nie maar bloot ’n gewone dag by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus nie. Hooggeplaastes van die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys, die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) het ’n dag lange oorsigbesoek aan belangrike plekke op die kampus gebring.

Daar was ’n uitgebreide agenda en die besoekers het die hoogtepunte op die kampus aangedoen en iets geleer oor die inisiatiewe van die NWU om opvoedkundige welstand asook akademiese sukses te bevorder. Hier is ’n paar van die plekke wat hulle besoek het:

· Ferdinand Postma Biblioteek:

Die afgevaardigdes het hulle toer begin by hierdie plek met sy hope inligting, waar nagraadse studie-areas vir meestersgraad- en PhD-studente vir hulle uitgewys is. Die toer het ook die konstruksieterrein besoek van ’n gerief wat vir studente met gestremdhede ontwerp is en wat verstelbare meubels en klankdigte studielokale insluit.

· NWU Mediese Skool:

Die besoekers het voorts gaan kyk na waar die toekomstige mediese skool van die NWU gaan wees. Daar was ’n tasbare gevoel van opwinding oor hierdie nuwe onderneming, wat die potensiaal het om mediese onderrig in die streek te verbeter.

· Gesondheidswetenskappe se navorsingsimulasielaboratorium:

Dinge het interaktief begin raak toe die besoekers ’n lewendige simulasie by Farmasie se simulasie- en vaardigheidslaboratorium bygewoon het. Hierdie moderne gerief oorbrug die gaping tussen teorie en praktyk deur opleiding aan mediese dokters wat alreeds in die praktyk staan, asook aan voorgraadse en nagraadse studente te verskaf.

· Konstruksieterrein vir Beskermingsdienste:

Die toer het ook ’n insiggewende besoek gebring aan die konstruksieterrein van ’n nuwe gerief wat die klagtekantoor oor geslagsgebaseerde geweld (GBV) sal huisves. Afgevaardigdes is ook aan die SMART-kampusinisiatief bekend gestel. Dit fokus op die gebruik van tegnologie om ’n interaktiewe en kreatiewe leeromgewing te skep.

· Toelatingsgebou:

Terwyl die registrasie vir eerstejaars en senior studente aan die gang was, het die afgevaardigdes die geleentheid benut om tydens hulle toer met die toelatingsbeamptes en studente te gesels.

Die kampusbesoek het afgesluit met Sy Ed Walter Letsie, voorsitter van die Portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys, wat voorgegaan het by ’n vergadering wat strategiese onderwerpe soos beheer en administrasie, die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR), bestuur, en die Institusionele Forum (IF) bespreek het.

Sy Ed Walter Letsie tree as voorsitter van die vergadering op.

Sy Ed Walter Letsie tree as voorsitter van die vergadering op. 

Prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier van die NWU, tydens sy verwelkomingstoespraak.

Prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier van die NWU, tydens sy verwelkomingstoespraak.

Dina Mashiyane, senior bestuurder vir Biblioteek en Inligtingsdienste, verwelkom die afgevaardigdes by die Ferdinand Postma Biblioteek. (Stock Image) Dina Mashiyane, senior bestuurder vir Biblioteek en Inligtingsdienste, verwelkom die afgevaardigdes by die Ferdinand Postma Biblioteek.

.

Die afvaardiging kyk na ’n lewendige simulasie by die navorsingsimulasielaboratorium.Die afvaardiging kyk na ’n lewendige simulasie by die navorsingsimulasielaboratorium.

 

Submitted on Wed, 01/29/2025 - 11:15