Kortleerprogramme oorbrug die gaping tussen tradisionele onderrig en die eise van die moderne arbeidsmag, en kweek ’n omgewing van aanpasbaarheid, innovasie en lewenslange leer.
Die direkteur van die Eenheid vir Voortgesette Opleiding (EVO) aan die Noordwes-Universiteit (NWU), Yolanda Kirsten, het deelgeneem aan ’n konferensie wat beoog het om uitdagings in kortleerprogramme in hoëronderwysinstellings (HOI’s) te bespreek.
As gevolg van die intense mededinging onder HOI’s word bestuurspraktyke in kortleerkursusse deeglik gemoniteer om normbepalingsgeleenthede te vehoog.
Die unieke forum vir die koördinering van kortleerprogramme, wat by die Universiteit Stellenbosch gehou is, het betekenisvolle onderwerpe gedek, en die mededingende omgewing tussen openbare en privaat instellings ontleed. Onder die onderwerpe wat by die forum gedek is, was ooreenkomste, intellektuele eiendom, mikrokwalifikasies, akademiese kwaliteitsbeheer ,die bestuur van sagteware en handelsmerkbestuur.
Yolanda Kirsten en ander direkteure van verskeie deelnemende universiteite het hulle onderskeie perspektiewe oor die oorsig van kortleerprogramme gegee en oor hoe om struikelblokke by hoëronderwysinstellings te oorkom.
Konsensus het ontwikkel oor die probleme om ’n balans te vind tussen die buigsaamheid wat nodig is om kortleerkursusse te administreer en die noodsaaklikheid vir omvangverandering, terwyl akademiese gehalte en gebruikerstevredenheid behou word.
Een van die uitdagings wat geopper is, was die toenemende kompleksiteit van die implementering van programme vir intellektuele eiendom, veral vir aanlyn en hibriede ontwerpleer, multimediaproduksie, en die medeprodusering van kortleerprogramme by universiteite.
Nog belangriker was die een aspek dat ’n aantal instellings steeds in die vroeë stadium van die ontwikkeling van hulle eie administratiewe sagteware en leerbestuurstelsels is.
Verskeie afgevaardigdes van universiteite het gesê dat van hulle departemente geskep is om riskante sakepraktyke van die verlede, wat ’n impak op die reputasie van die institusionele raad gehad het, te versag.
Van die vernaamste verskille tussen institusionele praktyke wat ingesluit is, was die jaarlikse hernuwing van kortleerkursusse en die besluit van instellings om nie dosente vir kurrikulumontwikkeling en -fasilitering te vergoed nie.
Daar word verwag dat die forum ’n jaarlikse gebeurtenis gaan word en sal binnekort deur die Eenheid vir EVO aan die NWU aangebied word.