Mensgerigte Stories

Waarom grootwildjag in Botswana weer oopgestel moet word

Talle artikels is onlangs op verskillende aanlyn nuusplatforms gepubliseer oor die heropening van grootwildjag in Botswana. Die meeste van hierdie artikels probeer om jag in ’n slegte lig te stel, of om te wys dat jag nie soveel tot die plaaslike ekonomie van die land of streek bydra nie. Prof Peet van der Merwe van die navorsingseenheid TREES…

Moeders en kinders agter tralies het voor- en nadele

In Suid-Afrika kan ’n vrou wat tronkstraf uitdien vir die misdaad wat sy gepleeg het, haar kind by haar in die korrektiewe instelling hê. Dit word vir die eerste twee jaar van die kind se lewe toegelaat en stel die ma en kind in staat om ’n band te vorm.

Volgens ’n studie wat uitgevoer is deur Belinda Ruzvidzo, ’n LLM-gegradueerde van…

Hoe om jou navorsingvaardighede aanlyn te ontwikkel

Vir jong navorsers kan die idee om navorsing te doen, nogal intimiderend wees. Selfvertroue kom wanneer jy weet dat jy die vaardighede en insig het om reg te laat geskied aan enige navorsingsprojek wat jy aanpak. Hierdie vaardighede kan nou aanlyn deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se pasgoedgekeurde aanlyn weergawe van die kortleerprogram (…

Doen nou aansoek om in 2022 by die NWU te studeer

Aan die begin van elke jaar skarrel duisende studente van regoor die land rond om plek by die verskeie instellings vir hoër onderrig te soek. Deur die vorige jaar al betyds aansoek te doen wanneer die aansoeke oopmaak, kan studente en hulle ouers seker maak dat hulle hierdie onnodige stres vermy.

Die Noordwes-Universiteit (NWU…

NWU Besigheidskool-dinkskrum – NSFAS en die gevolge van staatsbesnoeiing

Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope week ʼn dinkskrum gehou met die fokus op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), en spesifiek wat betref die gevolge van staatsbesnoeiing in die 2021-begroting ten opsigte van tersiêre onderwys.

Daar was konsensus dat die gevolge van ʼn kapitaaltekort…

NWU in die top-4,7% van wêrelduniversiteite

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy uitstekende prestasie op wêreldwye ranglyste voort. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2021/2022-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,7% van universiteite geplaas.

Hierdie…

HPI ʼn NWU-juweel

Jean Verster se entoesiasme is aansteeklik. Wêreldkampioene kan daarvan getuig – vra maar vir Caster Semenya en vele ander.

Dié voormalige en uitsonderlike middelafstandatleet was in die vroeë tagtigs een van SA-atletiek se groot troefkaarte. In daardie selfde tyd het hy sy bene in…

Kaptein Chederick wil weer sy ou vorm terugkry

Chederick van Wyk is in die jaar van kampioene gebore, en dit is wat hy geword het. Die wêreld het vir die eerste keer op 8 Februarie 1995 met hierdie toekomstige naelloper kennis gemaak, ’n paar maande voor die Springbokke die Web Ellis-trofee op ’n geskiedkundige middag op Ellispark omhoog gehou het. Die…

NWU-atlete skitter by SA’s

Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) het oudergewoonte hulle stemme tydens die onlange Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskap dik gemaak en die NWU se trofeëkas bars weer uit sy nate.

Dié kompetisie is van 15 tot 17 April in Pretoria gehou.

NWU-navorser nou lid van Afrika-akademie vir wetenskap

’n Senior lektor in die navorsingsfokusarea Menslike Metabolomika aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is vir die volgende vyf jaar as ’n geaffilieerde lid van die Afrika-akademie vir wetenskap (AAW) gekies.

Dr Rencia van der Sluis is gekies…