Mensgerigte Stories
NWU nou in die top-4,5% van wêrelduniversiteite
Die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter steeds op wêreldwye ranglyste. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2022/2023-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,5% van universiteite geplaas. Dit is ’n verbetering op hulle plek in die top-4,7% op dieselfde ranglys verlede jaar.…
Student wen Visekanseliersmedalje met navorsing oor ruimteweer
Jacques Beukes van die MUST-diepleernavorsingsgroep by die Fakulteit Ingenieurswese is die 2021-wenner van ’n Noordwes-Universiteit (NWU) Visekanseliersmedalje vir sy verhandeling “Interpretability of deep neural networks for SYM-H prediction”. Agt visekanseliersmedaljes word jaarliks aan die beste meestersgraadstudente by die NWU toegeken.…
Elroy is steeds die halfmarathon se oorwinnaar
Hy is nie meer die heersende, verdedigende, onbetwiste kampioen van die Twee Oseane-halfmarathon nie. Elroy Gelant styg egter bó bogenoemde beskrywing uit. Nadat die 2020- en 2021-halfmarathons as gevolg van die Covid-19-pandemie geskrap is, moes Gelant op Sondag 17 April 2022 die titel afstaan wat hy in 2019 gewen het. Hy het egter weer eens…
Nóg ’n pluimpie vir Deidre Jordaan
Bertie Jacobs
Kampala bly maar ʼn plek vir Deidre Jordaan om aan gewoond te raak. Sy sal weet. Dit is immers die tweede agtereenvolgende jaar dat sy Suid-Afrika by die Afrika-pluimbalkampioenskap in die hoofstad van Uganda verteenwoordig het.
…Kaptein Christa Ramasimong se wêreldbeker-vuurdoop
Bertie Jacobs
Wanneer talent en vasberadenheid saamspan, word geskiedenis gemaak. Die Noordwes-Universiteit (NWU) het vanaf 1 tot 12 April die heel eerste hokkiewêreldbeker onder die vaandel van die sport se wêreldreguleringsliggaam, die Fédération…
Uitblinker Adele hardloop skitterende Twee Oseane
Bertie Jacobs
Die San Gabriel-berge, met spikkels sneeu op die hange en ’n wit sneeukombers op die pieke, kan in die winter vanaf die stad Rancho Cucamonga in Kalifornië gesien word. Die musikant Jake Hamilton is in 1979 daar gebore.
…Uitspeelrondte net buite bereik van die Eagles
Bertie Jacobs
Dapper poging. ʼn Baie dapper poging, manne. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het só naby daaraan gekom om die Varsitybeker-uitspeelrondte te haal nadat hulle Wits op ’n sopnat Fanie du Toit-sportveld met 31–3 op Maandag 11 April geklop het…
FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker ’n groot sukses
Bertie Jacobs
Nederland het gewen, maar hokkie was die oorwinnaar. Toe die eindfluitjie op Dinsdag 12 April geblaas het, was dit die Nederlandse ondersteuners wat gejuig het en die oranjegeklede spelers wat van vreugde gedans het omdat hulle Duitsland oortuigend met 3–1 gewen het in…
Nuwe toekenning om wêreldwye siekte hok te slaan
Bertie Jacobs
Malaria is ’n dodelike siekte wat wêreldwyd voorkom, en menselewens en die ekonomieë vernietig van die lande waar dit floreer.
Volgens die jongste syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) was daar in…
Nieverwisselbare bewyse: Waarom al hierdie opgewondenheid?
Bertie Jacobs
’n Nuwe akroniem het ons woordeskat betree: NFT. NFT staan vir non-fungible token – ’n nieverwisselbare bewys – wat op sigself nie veel sê nie. Wat NFT’s is, is geld. Groot geld. En dit is besig om die wêreld van digitale handel te verander.
Eerstens beteken onvervangbaar dat die item nie…