Mensgerigte Stories
Geoktrooieerde rekenmeesters blink nasionaal uit
Die Noordwes-Universiteit (NWU) lewer steeds geoktrooieerderekenmeesterstudente van die hoogste gehalte, soos duidelik blyk uit die resultate van die Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ITC) van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (ICAN), wat in…
ANSTI stel dekaan op sy interim raad aan
NWU-personeel lewer steeds beduidende bydraes, nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal. Die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, prof David Modise, is op die interimbestuursraad van die Afrika Netwerk van Wetenskaplike en Tegnologiese Instellings (African Network of Scientific and Technological Institutions…
NWU hersien die farmasie-internskapprogram
Vir die meeste gegradueerde farmasiestudente is die verpligte eenjaar-internskap in farmasie die eerste stap na hulle diens aan die gemeenskap en die begin van hulle professionele loopbane as aptekers in Suid-Afrika.
Die doel van die internskapjaar is om gegradueerdes te help om die kennis en vaardighede toe te pas wat hulle tydens…
Dit is hoe die CHM lewens red
Die vroeë diagnose van oorgeërfde metaboliese siektes help nie net om te verhoed dat pasiënte ’n leeftyd van lyding het nie, maar dit red ook lewens.
Metaboliese siektes het ’n verskeidenheid lewensbedreigende gevolge, soos hartsiektes en tipe 2-diabetes. Die simptome van sommige van hierdie siektes is baie bekend en het nie…
Omvang van toename in leenkoste is verrassend
In teenstelling met die konsensussiening van talle ekonome dat die repokoers op 30 Maart met slegs 25 basispunte (bsp) verhoog sou word, het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) met ’n 3:2-stemming besluit om die rentekoers weer eens met 50 bsp te verhoog.
In sy kommentaar op die besluit om die…
Eagles vlieg steeds hoog in die Varsitybeke
Hulle het maar net daardie iets, nie waar nie? Die agterlyn glip seepglad deur hulle teenstanders terwyl die voorspelers soos ’n trop woedende buffels almal uit hulle pad loop. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op Maandag 20 Januarie vyf drieë opgestapel toe hulle die Central University of Technology (CUT) se Ixias met 45-28 op die…
QS World University Rankings sluit NWU by twee vakgebiede in
Die Noordwes-Universiteit (NWU) word steeds op internasionale ranglyste geplaas. Die jongste Quacquarelli Symonds (QS) World University Rankings by Subject sluit die NWU by twee vakgebiede in: landbou en bosbou, en medisyne.
Die 2023 QS World University Rankings by Subject plaas die NWU in die 351-tot-400-kategorie vir landbou en bosbou…
Moeilike tye het doeltreffende oplossings nodig om landbougroei te verseker
Suid-Afrika is op die rand van ’n resessie, en die voortgesette verbrokkeling van semistaatsinstellings soos Eskom en Transnet is besig om die land se ekonomiese probleme te vererger. Een van die talle sektore wat lamgelê word, is ook een van die belangrikstes, naamlik landbou.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is vas van plan om…
Lae stempersentasie: Opvoeding is die antwoord – Noordwes-Universiteit
Die straf en die oortreding pas nie by mekaar nie. Suid-Afrika het ’n endemiese, groeiende en unieke siekte wat nie net die gesondheid van ons land se demokratiese strukture raak nie, maar dit is ook ’n baie swak vorm van straf vir die gebrek aan dienslewering. Die stempersentasie raak al hoe laer, maar om weg te bly, is nie ’n oplossing vir…
NWU Eagles sit vir Tuks ore aan
Alles loop weer klopdisselboom. Ná ’n effense insinking teen Maties ’n week gelede, is die NWU Eagles weer op die voorvoet nadat hulle UP Tuks tydens die Varsitybekertoernooi in Pretoria met 26–22 kafgedraf het. Die seëvierende besoekers het vier drieë gedruk– twee deur Tino Swanepoel en een elk deur Keano Windvogel en Theuns Pretorius.…