Navorsing fokus op middelmisbruik en verbeterde geestesgesondheidsorg

Prof Leepile Alfred Sehularo se navorsing oor geestesgesondheid en middelmisbruik het uitgeloop op die ontwikkeling van ’n program wat ontwerp is om volwassenes sowel as leerders te ondersteun en fokus veral op die misbruik van onwettige middels in Noordwes.

Hy is die direkteur van die navorsingsnisarea vir Leefstylsiektes in Verpleegkunde in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by die Noordwes-Universiteit (NWU). “Ek het tydens my meestersgraadstudies met hierdie navorsing begin. My navorsing ondersoek die persepsies van psigiatriese pasiënte ten opsigte van die gebruik van dagga.”

Kyk na die video hieronder om meer oor sy navorsing te wete te kom.

Submitted on Thu, 11/07/2024 - 14:45