Mensgerigte Stories

NWU en ROF bemagtig Afrikaanssprekende onderwysers

Dit is 10 jaar sedert die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Rapport Onderwysfonds (ROF) begin saamwerk het om Afrikaanssprekende onderwysstudente by die universiteit met ’n ROF-beurslening te help.

’n Afvaardiging van die ROF, wat bestaan het uit Inge Kühne, voorsitter, Phil-Marie Roberts van die ROF en Werner Human van die ROF se Raad…

NSTF ken gesogte “Wetenskap Oscars” aan twee van die NWU toe

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het hierdie jaar twee wenners by die NSTF-South32-toekennings gehad.   

Prof Linda Godfrey en Jonker Sailplanes (Edms.) Bpk. het hierdie gesogte toekennings – ook bekend as die “Wetenskap Oscars” – ontvang. Dit was tydens ’n hibriede geleentheid en lewendige uitsending vanaf Johannesburg en Kaapstad op 11…

Ingenieursweek 2024 inspireer die volgende geslag innoveerders

Dit begin alles by die Noordwes-Universiteit (NWU), en die Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus het sy kant gebring om aan daardie missie te voldoen.  Die doelwit van die tweejaarlikse Ingenieursweek is al ’n hele paar jaar lank om hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 aan ingenieurswese as ’n opwindende loopbaan bekend te stel.…

Hoe tegnologie en gemeenskapsbetrokkenheid die gaping tussen gemeenskappe en regshulp kan oorbrug

Wanneer gemeenskapslede regshulp nodig het, ervaar hulle dikwels groot struikelblokke omdat hulle ontoereikende finansiële hulpbronne het. Een manier om lede van die publiek met regsdienste te skakel, is om aanlyn kanale te gebruik.

Dit is een van die moontlike oplossings wat in die navorsing van prof Lusanda Beauty Juta, waarnemende…

Verf, besprekings en aanbidding skep ’n geleentheid om te onthou

Sip-and-paint-geleenthede is meer as net ’n byderwetse aktiwiteit – dit is ’n heerlike kombinasie van kreatiwiteit, ontspanning en sosiale interaksie, wat ’n ruimte bied waar mense aan hulle kunstigheid uiting kan gee, ander mense kan ontmoet en kan ontspan.  

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Teologie en die King of Glory…

’n Enkele boek kan ’n wêreld van moontlikhede vir jong denkers oopmaak

“Wanneer jy leer om te lees, sal jy vir altyd vry wees.” Dit is ’n aanhaling wat dr Mathew Moyo, hoofdirekteur vir Biblioteek  en Inligtingsdienste (LIS) aan die Noordwes-Universiteit, onderskryf. 

Hierdie woorde, wat vir die eerste keer deur die maatskaplike hervormer Frederick Douglass geuiter is, som op hoe belangrik boekdonasies vir…

Fakulteit Geesteswetenskappe: bevorder betrokkenheid en maatskaplike verandering

Die Fakulteit Geesteswetenskappe (FHUM) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n bemoedigende benadering tot die onderwys wat verder as handboeke en lesings strek. Studente en personeel is hier op ’n reis wat nie net denke slyp nie, maar ook harte aanraak, en ’n gevoel vir verantwoordelikheid skep om die wêreld ’n beter plek te maak. Die FHUM…

Biblioteekbestuurders deel hulle kennis oor KI in Chili

Die wêreld van biblioteke gaan nooit weer dieselfde wees ná die koms van kunsmatige intelligensie (KI) nie. Biblioteke regoor die wêreld het KI verwelkom as ’n instrument wat nie net hulle dienste beter maak nie, maar ook ’n beter biblioteek-ervaring vir hulle gebruikers verskaf.

Twee verteenwoordigers van Biblioteekdienste by die…

RNE-kabinet moet die ekonomiese agenda uitstippel om groter beleidsekerheid te verseker

Die langverwagte aankondiging deur president Cyril Ramaphosa van die nuwe kabinet van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) is oor die algemeen goed vir besigheid en beleggersvertroue.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die NWU Besigheidskool, sê die markte gaan waarskynlik positief reageer wanneer hulle die nuwe mengsel van…

Onderneming lei tot kitsklaaroplossings vir alledaagse probleme

Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots op hulle baanbrekerinnovasies en -navorsing. Een van die fakulteit se interne korporatiewe ondernemings genaamd STRIDE is uniek in dié sin dat dit oplossings vir alledaagse uitdagings verskaf en dadelik gereed is om te gebruik.

STRIDE, wat in 2022 gestig is, het…