Natuur- en Landbouwetenskappe Nuus

Professor se wye fokus lei tot internasionale samewerkings en suksesvolle NNS-gradering

Prof Elias Munapo van die Noordwes-Universiteit (NWU) is ’n Nasionale Navorsingstigting- (NNS-) gegradeerde navorser – nie ’n maklike prestasie vir akademici met groot onderrig- en studieleiersverpligtinge nie.

Sy navorsingsbelangstellings is die gebruik van wiskunde en statistiek in besigheid. Hy het in 2022 sy eerste C3-gradering as…

Roei bosindringing uit

Bosindringing is ’n wêreldwye uitdaging, maar deur die multimiljoenrand-RIBS-projek word hierdie groot bydraer tot gronddegradering met hernude ywer aangepak.

RIBS is ’n akroniem wat vir “Rangeland Improvement through Bush Control and Sustainable Intensification to mitigate Climate Change and improve Livelihoods and Food Security in…

Gemeenskappe baat by die NWU se ontwikkelingsprojekte

Suid-Afrika ervaar moeilike uitdagings wat vereis dat die volgende geslag universiteitsgegradueerdes opgeleide leiers met uitgebreide vermoëns moet wees om met gemeenskappe saam te werk sodat probleme opgelos kan word en daar verandering kan kom. 

Vier projekte van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat in vennootskap met gemeenskappe…

ANSTI stel dekaan op sy interim raad aan

NWU-personeel lewer steeds beduidende bydraes, nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal. Die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, prof David Modise, is op die interimbestuursraad van die Afrika Netwerk van Wetenskaplike en Tegnologiese Instellings (African Network of Scientific and Technological Institutions…

Blaarskroei by mielies het komplekse oorsake, maar kan bestry word

Blaarskroei by mielies is ’n bedreiging vir voedselsekerheid, en hoewel dit komplekse oorsake het, kan dit doeltreffend bestuur word. Dit is een van die bevindings van ’n groep navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat hierdie plantsiekte by die universiteit se Molelwane-plaas in Mahikeng ondersoek.

Hulle navorsing toon dat die…

QS World University Rankings sluit NWU by twee vakgebiede in

Die Noordwes-Universiteit (NWU) word steeds op internasionale ranglyste geplaas. Die jongste Quacquarelli Symonds (QS) World University Rankings by Subject sluit die NWU by twee vakgebiede in: landbou en bosbou, en medisyne.

Die 2023 QS World University Rankings by Subject plaas die NWU in die 351-tot-400-kategorie vir landbou en bosbou…

Daar is niks kleins aan nanotegnologie by die Noordwes-Universiteit nie

Eenduisendmiljoenste van ’n meter. Of om dit anders te stel: eenbiljoenste van ’n meter. Hierdie ongelooflike klein meting word ’n nanometer genoem en die wêreld van nanotegnologie funksioneer tussen 1 en 100 nanometer. Dit is ook hier waar die Noordwes-Universiteit (NWU) nuwe maniere vind om siektes hok te slaan, die omgewing te help beskerm…

Navorsers vind 'spiraalarms' rondom massiewe sterre

Navorsers het ’n belangrike stukkie van die legkaart in die vorming van massiewe sterre – ook bekend as protons (sterre met ’n massa wat ongeveer agt keer so groot of groter as die son is) – gevind. Bewyse is vir die heel eerste keer waargeneem en daar is vasgestel dat aangroeiskywe rondom vormende protosterre spiraalarmstrukture het.

Suid-Afrika se water-rebelle

Hulle staan saam as die water-rebelle (water mavericks) bekend: die Noordwes-Universiteit (NWU) se prof Carlos Bezuidenhout en prof Henk Bouwman het ’n magdom ervaring tussen hulle en het reeds groot erkenning vir hulle waterverwante navorsing op hulle onderskeie gebiede ontvang.

Hulle werk is verlede jaar vereer toe hulle die 2021…

Indrukwekkende innovasies staan uit tydens Leopards Lair-kompetisie

Die indrukwekkende innovasies van die studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) het uitgestaan tydens die onlangse Leopards Lair-kompetisie en het vir die innoveerders welverdiende erkenning en gesogte pryse besorg.

Dit was hierdie jaar die NWU se sesde Leopards Lair-kompetisie. Dit word jaarliks gehou om studente-entrepreneurskap…