Forum ondersoek uitdagings van KI-gegenereerde kennis met betrekking tot oorspronklikheid en outeursreg

Die Fakulteit Regte en die Fakulteit Geesteswetenskappe by die Noordwes-Universiteit (NWU) het op die aand van Woensdag 27 September die Kunsmatige Intelligensie (KI) Forum gesamentlik aangebied.

Die gebeurtenis het om KI-gegenereerde kennis gesentreer asook die implikasies daarvan vir outeursreg, oorspronklikheid, en beliggaming.

Onder die sprekers was prof Dumi Moyo, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe, prof Wian Erlank van die Fakulteit Regte en dr Jean du Toit, senior lektor in die Fakulteit Geesteswetenskappe. Prof Jeffery Mphahlele, adjunk-visekanselier vir Navorsing en Innovasie, en prof Mitzi Wiese, medeprofessor in die navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid, was die ander sprekers.

Prof Dumi Moyo het die welkomswoord gespreek. Hy het die belangrikheid beklemtoon om meer kritiese teorieë en regsbeoordelings in te bring om die implikasies van KI-gegenereerde kennis in die huidige snelveranderende wêreld te ontleed.

“Die toename in KI-gegenereerde kennis het veroorsaak dat outeursregwetgewing geherdefinieer moet word en die behoefte beklemtoon vir die erkenning van die mens se kreatiwiteit sodat werk aan outeursreg kan voldoen. Vorderings ten opsigte van KI sal voortgaan om vervolmaak te word tot by ’n punt waar die onderskeid tussen werk wat deur mense geproduseer is en dit wat deur masjiene geproduseer word toenemend vervaag,” sê prof Moyo.

Volgens prof Wian Erlank moet KI-instrumente soos Microsoft Copilot, Google Bard, en ChatGPT gebruik word, maar ons moet dit nie uit vrees vir die onbekende ignoreer nie. Hy het voorts gesê dat om ’n KI te leer, die gebruik van ekstra onderrigmateriaal vereis.

“In teenstelling met die Vierde Industriële Revolusie, wat die beduidendheid van hoofstroom-KI en geoutomatiseerde besluitneming erken, kan die effek van die nuwe vorm van generatiewe KI ’n aanduiding van die Vyfde Industriële Revolusie wees,” sê prof Erlank.

Dr Jean du Toit het ook vryheid in ’n algoritmiese toekoms bespreek.

Hy sê ons kan ons nie buite algoritmes indink nie, aangesien dit die dimensies vorm van wat ons in die wêreld sien, maar as ons dit loof, is daar bekommernisse oor die konsep van vryheid.

“Daar is ’n risiko dat wanneer ons praat, ons misverstaan kan word. Die aanloklike opsie is ook daar om ons gesprekke aan die algoritmes oor te laat. Wanneer ons dit doen, besluit ons bloot om ons eie stemme stil te maak,” verduidelik prof Du Toit.

In sy reaksie hierop het prof Jeffery Mphahlele die universiteit aangemoedig om KI te aanvaar.

“Dit is belangrik dat ons hierdie kwessie hanteer. As instelling is ons nog nie daar nie, maar ons moet regsmaatreëls ontwikkel wat ons in staat sal stel om KI so doeltreffend as moontlik te gebruik,” het hy gereken.

Die interessante uitruiling van idees het tot ’n einde gekom toe prof Mitzi Wiese haar dankbaarheid uitgespreek het dat sy daar kon wees en die organiseerders en almal wat daar was, bedank het.

Kunsmatige intelligensie het in die afgelope paar jaar gegroei; ons kan dit dalk wegredeneer, maar dit is hier om te bly. 

Van links is dr Jean du Toit, prof Jeffery Mphahlele en prof Wian Erlank.

Submitted on Thu, 10/05/2023 - 10:56