Van regsboeke na fotoboeke – klink ’n glasie op toekomstige advokate by die finalejaars se afskeidsete

Die reis van ’n regstudent is ongetwyfeld uitdagend en kort, en hulle tyd by die Noordwes-Universiteit (NWU) het hulle voorberei vir die geleenthede en struikelblokke wat voor hulle lê.

Hulle het ’n paar jaar gelede hier aangekom en is nou amper op pad om hulle verskillende reise aan te pak en geskikte oplossings te vind vir die probleme wat die wêreldgemeenskap tans ervaar.

Die Fakulteit Regte het op 12 Oktober ’n afskeidsdinee met die tema “Law as a superpower” vir die finalejaarstudente gehou.

Mnr Kagiso Masilo, direkteur van Voorgraadse Studies by die Fakulteit Regte, het almal welkom geheet en die belangrikheid van die gebeurtenis beklemtoon.

“Terwyl ons ons studente groet wat besig is om van studente na alumni oor te gaan, verteenwoordig hierdie byeenkoms die samekoms van aspirasie en prestasie. Dit is ’n getuienis van die noodsaaklike rol wat die reg speel om ons samelewing te vorm.”

Onder die vername gaste was mnr Ronald Lamola, Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste vir die Republiek van Suid-Afrika, en Tshadi Leshomo, senior landdros in die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling. Steven Moodley, wat ’n brigadier in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is, en prof Mitzi Wiese, medeprofessor en direkteur van die navorsingseenheid Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid, was die ander gaste. Prof Daryl Balia, adjunk-visekanselier vir Toegewysde Funksies en Kampusbedrywighede: Potchefstroomkampus, het die eer gehad om die minister voor ter stel en sy biografie te lees. Daarbenewens het hy beklemtoon hoeveel prestige die minister se teenwoordigheid verleen het.

Mnr Ronald Lamola het in sy toespraak die studente aangespoor om verdedigers van die waarheid te wees en ’n toekoms te bou wat die hele demografie van die land sal akkommodeer.

“As regstudente het julle die verantwoordelikheid om die nasie se Grondwet te onderskryf, met integriteit te leef, lewenslange leer na te streef, en nooit op te gee om die toestand van die land te verbeter nie. Benader die toekoms met ’n doelgerigte ingesteldheid, gewapen met ’n manier om die sosio-ekonomiese situasie te verander waarin die nasie homself bevind.”

Mnr Elton John, wat die voorsitter van die Regstudente se Akademiese Groep is, het namens die regstudente se leierskap gesê dat die studente die regte as loopbaan gekies het sodat hulle werklike helde kan wees. Hy het ook gesê dat die studente bó teëspoed moet uitstyg en die verandering moet uitleef wat hulle graag wil sien.

Prof Mitzi Wiese het die afskeidsboodskap gelewer en beklemtoon dat die studente die breër impak wat hulle werk op die wêreldwye gemeenskap het, in ag moet neem.

“Ek wil die belangrikheid van integriteit, eerlikheid en ’n diep gevoel vir etiek beklemtoon. Die regsberoep is op die basis van vertroue gebou, en die vertroue van kliënte, kollegas en die publiek is van die grootste belang. Terwyl julle julle loopbane as regslui begin, maak ’n positiewe impak deur die waardes van die reg, integriteit en openbare diens te onderhou.”

Dit was ’n onvergeetlike aand waar almal hulle kisklere aangetrek het en in pragtige rokke, pakke en dasse die lokaal op die rooi tapyt binnegestap het. Die studente sal met aangename herinneringe aan hierdie dag terugdink

I.....

Prof Daryl Balia stel minister Ronald Lamola bekend en lees sy biografie.

....

Minister Ronald Lamola spreek die finalejaar-regstudente toe.

 

...

Mnr Elton John lewer ’n toespraak voor sy medeklasmaats.

......

Minister Ronald Lamola ontvang ’n geskenk van die fakulteitsbestuurskomitee van die Fakulteit Regte.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Submitted on Tue, 10/17/2023 - 11:08