Geesteswetenskappe Nuus

NWU-akademici word deel van gesogte OBU-genootskapsprogram

Die akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n welverdiende reputasie vir kundigheid, harde werk en toewyding. Dit is weer eens duidelik by twee dosente wat vir die gesogte Suid-Afrikaanse Onderrigbevordering by Universiteite-genootskapsprogram (OBU-genootskapsprogram) gekies is.

Dr Misheck Dube van die Skool vir Psigososiale…

Professor Phil van Schalkwyk lewer intreelesing

Professor Phil van Schalkwyk het sy intreelesing, getiteld: Die lewende verlede van die letterkunde, gelewer.

Sy lesing het gefokus op ’n ondersoek van die mens se verhouding met die verlede, en spesifiek in ’n literêr-artistieke konteks. Teen die agtergrond hiervan lê daar ’n…

NWU-geskiedkundige karteer die pad na Suid-Afrikaanse erfenis

’n Akademikus en geskiedkundige van die Noordwes-Universiteit (NWU) is deel van ’n gemeenskapsbetrokkenheidsprojek wat al Suid-Afrika se erfenisterreine en plekke van belang (POI’s) dokumenteer deur die ligging daarvan te lys en die betekenis van al die Suid-Afrikaanse POI’s op die Road Trip SA-app te verduidelik.…

NWU beloon sy buitengewone presteerders

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele seremonie op 25 November erkenning gegee aan personeel vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid.

Die universiteit se baanbrekers is by die heel eerste NWU Uitnemendheidstoekenning-seremonie vereer. Die geleentheid, wat aanlyn…

NWU ken eredoktorsgraad aan dr Geraldine Fraser-Moleketi toe

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het dr Geraldine Fraser-Moleketi op 19 November 2021 met ’n eredoktorsgraad vereer vir haar buitengewone bydraes tot die Suid-Afrikaanse politieke landskap en samelewing.

Dr Fraser-Moleketi het vanaf 1999 tot 2008 as Minister van Staatsdiens en Administrasie gedien…

NWU-ontwerpers wen steeds in topkompetisies

Studente en gegradueerdes van die Grafiese Ontwerp-vakgroep by die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens by die onlangse internasionale Loerie-toekennings en nasionale Pendoring-toekennings geskitter.

Jongste ranglyste toon NWU se vakke van gehalte

​Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die beste tersiêre-onderwysinstellings vir onderrig op pad na ’n professionele loopbaan. Dit is herbevestig deur die jongste ranglys van die Times Higher Education (THE) World Rankings wat die NWU onder die top plaaslike universiteite plaas.

THE se 2022-ranglys wat op 13 Oktober vrygestel is,…

Cara Stacey wen Jong Kunstenaar-toekenning vir Musiek

Dr Cara Stacey, senior lektor in Afrikamusiek by die Skool vir Musiek aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is so pas as hierdie jaar se wenner van die Standard Bank Jong Kunstenaar-toekenning vir Musiek aangewys. Hierdie toekenning gee erkenning aan haar buitengewone talent as komponis en uitvoerende kunstenaar.

Haar musiek…

Word ʼn taaltegnoloog en toor met programmering, tale en inligtingstelsels

Het jy geweet dat taal en rekenaarprogrammering pasmaats kan wees? Registreer nou by die Noordwes-Universiteit vir die geherkurrikuleerde driejaargraad in Taaltegnologie om die moontlikhede van dié ongewone kombinasie te ontgin.

Hierdie studierigting spesialiseer in die gebruik van…

Nuwe PhD’s is soos musiek in ons ore

Onsekerheid is aan die orde van die dag, en twyfel oor die toekoms is teenwoordig by almal behalwe die mees optimistiese siele onder ons. Wat egter konstant gebly het, is die Noordwes-Universiteit (NWU) se enorme navorsingsuitset en ons navorsers se onuitblusbare nastrewing van uitnemendheid.

By die Mei- en Junie-gradeplegtighede is 136…